Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Resensies

Corné Louw: Date-night

Leoné Prinsloo5 Julie 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Corné Louw (2019)

[yasr_overall_rating]

Corné Louw se lang verwagte solo-debuutalbum, Date-night, spog met ’n skatkis propvol inspirerende en betekenisvolle stories vanuit sy persoonlike lewe wat beslis ’n blywende indruk op luisteraars sal laat. Dit volg kort ná die onlangse uitreiking van sy gelyknamige enkelsnit wat op radiostasies landwyd ’n groot gunsteling onder die publiek was. Hierdie veelsydige Weskus-sanger met sy hartlike verhoogpersoonlikheid wat deel was van die groep, Supernovas, het sedert die aanvang van sy solo-musiekloopbaan in 2004 reeds by verskeie feeste soos die KKNK en Robertson’s Wacky Wine Festival opgetree. 

Die pragtige album-omslag deur Keyart Services, waarop Corné in denimklere en country-stewels met sy kitaar in die veld sit en die verte instaar, word deur die deurlopende gebruik van natuurlike kleure soos groen, bruin en beige gekomplementeer. Hierdie unieke album se vervaardiging, verwerking, programmering en finale meng is deur Hugo Ludik en Vaughan Gardiner van Muse Studios behartig. Hulle was ook saam met die ander instrumentaliste soos Raymond Green op kitare en Bruce Wallace op dromme verantwoordelik vir die vars, moderne country-popaanslag, wat op elkeen van die onderskeie snitte gehoor kan word. 

Date-night bestaan uit dertien oorspronklike snitte oor alledaagse gebeure in Afrikaans en Engels, wat Corné saam met die talentvolle Hugo Ludik en Vaughan Gardiner geskryf het. Die titelsnit asook die eerste enkelsnit, Date-night, is ’n lekkerluister kuierliedjie wat paartjies daaraan wil herinner dat hulle ten spyte van hul gejaagde lewens nog steeds tyd moet maak om mekaar altyd spesiaal te laat voel. Die tweede enkelsnit, Maak Of Breek, vertel van die eerste keer wanneer jy iemand ontmoet wat jou voete onder jou uitslaan en jy te bang is om ’n kans te waag en met hom/haar te gaan gesels. 

Die nostalgiese snit, Ou Skool Cowboy, dien as ’n vertoonvenster waardeur Corné se liefde en passie vir Amerikaanse country-musiek vanaf kindsbeen, op ’n kreatiewe wyse aan sy luisteraars bekendgestel word. Die aangrypende ballade, Dis ’n voorreg, is deur sy vrou en tweeling geïnspireer, terwyl die roerende lied, Bel Jou Ma, aan sy moeder opgedra is. Die album word op ’n hoogtepunt afgesluit deur die introspektiewe snit, Growing Up, waarin die skrywer oor sy lewe tot dusver terugkyk en uiteindelik tot die besef kom dat hy as mens nog steeds elke dag aanhou groei. Ander potensiële treffers sluit in Ou Vriende, Die Beste Deel Van My, Grondpad, Langarm Boogie, Ons Leef Net Een Keer, Ek Weet Wat Ek Het In Jou en House Of Fire. 

Met sy strelende storievertellerstem en kenmerkende moderne country-popstyl, wat plek-plek aan dié van Ricus Nel, Andries Vermeulen en Anton Myburgh herinner, spreek Corné verskeie temas soos die liefde, verhoudings, gesinslewe en vriendskap aan. Hoewel die meeste snitte op sy debuutalbum deur opgewekte ritmes gekenmerk word, slaag hy egter steeds daarin om te verseker dat die emosie in elkeen tasbaar is, maar sonder om in enige oorbodige sentiment te verval. Date-night met sy beeldryke lirieke, onvergeetlike melodieë en gestroopte vertolkings sal aanklank vind by enigeen met ’n voorliefde vir dié tipe stories waaraan slegs country-musiek reg kan laat geskied.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.