Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Resensies»Valeska Muller: My Simfonie
Resensies

Valeska Muller: My Simfonie

Leoné Prinsloo23 Junie 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Booomrecordsza (2019)

[yasr_overall_rating]

Valeska Muller se langverwagte debuutalbum, My Simfonie, wat ná haar eerste 20 jaar in die musiekbedryf uiteindelik bekend gestel is, beloof om met sy unieke en progressiewe styl Afrikaanse musiekgrense te verskuif. Dié uitreiking word deur menige Afrikaanse en Engelse enkelsnitte, asook rolle in verskeie plaaslike musiekteaterproduksies en televisieprogramme, voorafgegaan. Hierdie veelsydige blondekop wat voorheen deel was van die groep, Rain On Mars, bestuur deesdae haar eie musiekskool, Valeska Muller Vocal Academy (VMVA).

Die moderne, dog klassieke, album omslag waarop die linkerkantste onderste hoek van die foto uitgedoof is, gebruik verskillende skakerings van wit, bruin, pienk en pers om sodoende die sagte, vroulike perspektief van die inhoud te beklemtoon. Die opwindende klank daarvan word deur verskeie instrumentaliste soos Lumar Kirstein op banjo, Jade Hibbert op viool en Francois Steyn op kitare bewerkstellig. Tertius “Bigg-T” Jacobs van Melody Lane Strings wat vir hierdie album se produksie, programmering en finale meng verantwoordelik was, het ook saam met Valeska en Sean Butler die 18 oorspronklike snitte daarop geskryf.

Die titelsnit, My Simfonie, dien as ’n uitgebreide samestelling van haar lewe en groot liefde vir musiek, waarmee sy haarself wil voorstel, grense wil oorskry en haar werk wil deel met diegene wat haar al só lank ondersteun. Die eerste enkelsnit, Verdwaal Saam Met Jou, is ’n moderne popmusiekverwerking met ’n opgewekte deuntjie wat vertel hoe twee geliefdes van die stad se geraas wegbreek om saam tyd te kan spandeer. Die tweede enkelsnit, Skyn Jou Liggie Vir My, is ’n elektroniese popsnit wat luisteraars inspireer om die donker vanuit hulle verlede te konfronteer sodat hul werklik vry kan wees en hul lig vir ander kan laat skyn.

Die derde enkelsnit, Verlange Van Jou, gebruik progressiewe huismusiek om te beskryf hoe ’n verhouding waarin twee mense wat aanvanklik verlief, dolgelukkig en onafskeidbaar van mekaar is, geleidelik verander totdat slegs herinneringe en ’n verterende verlange oorbly. Dié sielvolle lirieke daarvan is ook in Engels vertaal as More Than Ever in ’n poging om ’n groter gehoor plaaslik, sowel as oorsee, daarmee te kan bereik. Die vierde enkelsnit, Naby My Naby Jou, is ’n moderne ballade met ’n meesleurende wysie wat popmusiek, reggae en huismusiek kombineer om die euforiese gevoel en kinderlike opgewondenheid van die liefde weer te gee. Ander potensiële treffers sluit in Jy Vat Alles, Daar Waar Ons Staan, Hou Jou Mond En Dans, Woestyn van Herhaal en Keep Up.

Valeska gebruik haar strelende stem en eiesoortige musiekstyl wat ongetwyfeld luisteraars se aandag sal trek om verskeie temas asook emosies soos liefde, hartseer, teleurstelling, trauma, frustrasie, aanvaarding en hoop aan te spreek. Hoewel haar debuutalbum deur ’n kombinasie van verskillende klanke en melodieë tot stand gebring is om iets nuuts te skep waaraan Afrikaanse gehore nie tot dusver gewoond was nie, slaag dit steeds daarin om iets vir elke smaak te bied. My Simfonie met sy eerlike lirieke, emosionele vertolkings eksperimentele klanke en ritmiese musiekverwerkings dien beslis as ’n baken van hoop vir diegene wat al baie moeilike tye in hulle lewens beleef en oorwin het.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.