Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Resensies

Joshua Na Die Reën: Someraarde

Leoné Prinsloo24 Desember 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

JNDR Musiek (2019)

[yasr_overall_rating]

Joshua Na Die Reën se lang verwagte derde album, Someraarde, bied oudergewoonte ’n ongeëwenaarde sintuiglike ervaring wat deur verskeie natuurelemente, verbeeldingsvlugte en emosies geïnspireer is. Dié vrye denker beloof om met sy rustige fluweelstem, beeldryke lirieke en meesleurende melodieë luisteraars weg te voer na ’n plek waar hulle nuwe hoop en vrede binne hulself kan vind. Dit volg op sy vorige album, Die Wêreld Binne My, wat met ’n Huisgenoot Tempo-toekenning asook ’n gesogte SAMA-toekenning bekroon is. 

Jacques de Villiërs, beter bekend as Joshua Na Die Reën, het nie slegs elf van die twaalf oorspronklike snitte op dié album geskryf nie, maar ook al die stem- en musiekverwerkings behartig. Hy het verder ook die vervaardiging daarvan behartig saam met Ewald Janse van Rensburg wat ook vir die finale klankmeng verantwoordelik was. Jacques word op klavier ondersteun deur Nathan Smith en Heini Berner op kitare, asook Evert van Niekerk, Jacques Fourie en Lize Schaap op viole, sowel as Carel Henn op tjello, Andy Maritz op dromme en Gerhard Bienedell op baskitaar. 

Die titelsnit, Someraarde, beskryf hoop vir die wêreld as ’n plek wat jy net in jouself kan vind, waar almal genoeg sal hê om van te leef, vrede sal heers en mense hulle volle potensiaal sal bereik. Buiten vir die titelsnit, Someraarde, wat hy aan sy ouboet, Pierre, opgedra het, bestaan hierdie album ook uit verskeie ander persoonlike snitte soos Wandel vir sy vrou, Danél, Soos Die Wind vir Ya’el, 2017 vir sy pa en Suiderkruis vir God. 

Die eerste enkelsnit vanaf hierdie album, Soos In Nou, is geïnspireer deur die skrywer se soeke na rigtingwysers op die lewenspad wat aandui dat verandering nodig is en dié besef dat jy dié dinge wat jou terughou, moet laat gaan. Die radio-weergawe daarvan, wat as ’n bonussnit op hierdie album ingesluit is, poog om die inhoud daarvan vir ’n kommersiële gehoor ook te kan ontsluit. Dié album bevat ook ’n suiwer instrumentale komposisie sonder enige lirieke, Sweef, wat daarin slaag om die skrywer se emosionele reis slegs deur middel van strelende musiek aan luisteraars oor te dra. 

Saam met die opkomende ster, Liani Reynolds, neem hulle hul aanhangers op reis deur die verskillende emosies van menswees met hul duet, Vlieërs, wat hul geskryf het vanuit ’n vlieër se perspektief terwyl dit in die wind oor die aarde sweef. Branders is ’n aangrypende snit waarin die skrywer diegene naby aan hom beskryf as die branders, wat sy hart se geheime dra, na aanleiding van sy waarneming dat mense eintlik maar net vir Desember leef namate hulle ouer word. Ander potensiële treffers sluit in Onbekende Reis, Sterrenet en Chamonix.

Die natuur, as oorhoofse tema, vind neerslag in die skilderagtige album omslag ontwerp deur Hendri van Skoll Photography se gebruik van aardse kleurskakerings soos bruin, groen, blou en turkoois, asook foto’s van asemrowende natuurtonele deur sy broer, Jean de Villiërs. Dié album se voor- en agterkant waarop Joshua Na Die Reën onderskeidelik eers uit die water opstaan en dan weer daardeur verswelg word, bied ’n visuele voorstelling van die titelsnit. Dit word afgerond deur ’n skets van ’n kompas waarvan die vier windrigtings die verskillende natuurelemente op die album aandui, naamlik ’n ligtoring in die noorde, bote in die suide, bome in die ooste en berge in die weste.

Joshua Na Die Reën slaag daarin om as ’n musikant te groei deur nie slegs op sy bekende kontemporêre wenresep van Stadium Rock voort te bou nie, maar ook ’n splinternuwe pop-element in sy musiek bekend te stel. Alhoewel hierdie album verskeie vrae oor die lewe vra sonder dat dit noodwendig al die antwoorde daarop verskaf, sal dit luisteraars egter opnuut laat besin oor wat hulle doel hier op aarde is en waarheen hul elkeen op pad is. Someraarde met sy noukeurige samestelling van sielvolle inhoud, sowel as interessante kombinasies van kontemporêre- en popklanke, is ’n oase vir enigeen wat na ware vrede en kalmte smag.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.