Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»In Afrikaans»‘Hartenbos In Afrikaans’ so te sê uitverkoop!
In Afrikaans

‘Hartenbos In Afrikaans’ so te sê uitverkoop!

Redaksiespan16 Desember 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Dis binnekort weer tyd vir die Hartenbos In Afrikaans-konsertreeks, wat vanjaar vir die derde keer plaasvind. As jy nog wil deel wees van dié gesogte musiekervaring, wat reeds deur meer as 30 000 konsertgangers bygewoon is, moet jy gou spring want die kaartjies is amper uitverkoop! 

Vir vyf dae gedurende die feesseisoen, kan vakansiegangers die beste musiek en nuutste treffers kom ervaar by die ATKV Amfiteater op Hartenbos en vanjaar se joligheid beloof om nóg groter en beter te wees as vantevore.

Volgens Jacomien de Villiers, besturende direkteur van In Afrikaans, is die doel van die konsert om hoop te bring en mense se lewens te verander. “Ons wil vanjaar baie spesiale oomblikke vasvang en regtig mense se harte raak.”

Dit beloof weereens om iets te bied vir elke musieksmaak en -voorkeur, van langarm-dansmusiek tot meer ernstige akoestiese verwerkings. Van die land se grootste kunstenaars, waaronder Jo Black, Robbie Wessels, Spoegwolf, Karen Zoid, Early B, Refentse, Appel, Leah, Kurt Darren, Elandré, Francois van Coke, Jan Bloukaas, Danny Smoke en vele meer sal op die verhoog te sien wees en begelei word deur ’n lewendige orkes vol topklas musikante.

’n Paar groot en opkomede name in die musiekbedryf is deel van vanjaar se feestelikhede, waarvan Brendan Peyper een is. “Die publiek kan verwag om hulself te geniet, lekker te kuier en om goeie Afrikaanse musiek te hoor. Dit is my tweede keer by Hartenbos In Afrikaans en dis altyd ’n hoogtepunt om saam met talentvolle kunstenaars ’n verhoog te deel. Ek gym in Afrikaans, ek eet in Afrikaans en ek is trots Afrikaans,” sê hy. 

Early B, wat ook ’n groot gehoorgunsteling is, meen dat dit die fees is met die lekkerste gees waarvan hy nog ooit deel was. “Ek is die kleinste, grootste bal energie wat op daai verhoog gaan klim en gaan almal wegblaas – daais die plan. Die hoogtepunt is altyd die mense se gees. Voordat jy op die verhoog klim, hoor jy hoe skree almal saam. Ek sien uit na Hartenbos In Afrikaans.”

HIER’S 2019 SE FEESPROGRAM:

21 Desember om 19:30 – DANS IN AFRIKAANS met Juanita du Plessis, Franja du Plessis, Ruan Josh, Brendan Peyper, Juan Boucher, Pieter Koen en Appel.

27 en 28 Desember om 19:30 – HARTENBOS IN AFRIKAANS-GALAKONSERTE met Danny Smoke, Leah, Francois van Coke, Spoegwolf, Elandré, Refentse, Kurt Darren, Appel, Early B, Karen Zoid, Bernice West, Jan Bloukaas, Jo Black, Roan Ash, Robbie Wessels, Tasché en Katinka. Kunstenaars sal deur van die land se beste musikante begelei word.

29 Desember om 19:30 – HALLELUJA IN AFRIKAANS met verskeie kunstenaars.

31 Desember om 19:00 – VARSTRAP IN AFRIKAANS met Klipwerf-orkes, Die Ventertjies en Kosie Beukes.

“Hartenbos in Afrikaans is altyd ’n hoogtepunt op my kalender en hierdie jaar deel ek die verhoog met een van my beste tjommies; Katinka. Dis ’n fees wat gaan ruk, en mense moet hulle sonskerm onthou,” sê Jan Bloukaas wat beslis gaan sorg vir groot vermaak.

Kaartjies vir die konsertreeks is beskikbaar op iTickets. Oorblywende kaartjies, sal by die hekke beskikbaar wees voor elke vertoning. Pryse wissel vanaf R99 per persoon en kinders onder ses kry gratis toegang.

Buiten vir die musiek, sal daar ook verskeie kosstalletjies en ander uitstallers, asook vermaak vir die kinders wees. Verder kan besoekers ook uitsien na ’n hele rits verrassings en aankondigings wat eksklusief vir hierdie geleentheid beplan word. (Geen eie kos en drinkgoed sal toegelaat word nie.)

Johan Vorster and Jacomien de Villiers (van Inhoud Huis Musiek) en die In Afrikaans-span se droom om ’n besonderse musiekfees te skep, het ’n jaarlikse hoogtepunt geword vir vakansiegangers en inwoners van die Tuinroete. Die In Afrikaans-konsertreeks is sinoniem met goeie musiek en lekker kuier en is die beste manier om ’n besige jaar af te sluit. 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Hartenbos hou wéér konsert ‘in Afrikaans’!
Hartenbos in Afrikaans: ‘Die hart van Afrikaans’
Kersfees in Afrikaans: Kersliedere onder Hartenbos se sterre
SKREE in Afrikaans: ‘Vry, kwaai en vryerig’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.