Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Resensies»Jauni M: Niemand Anders
Resensies

Jauni M: Niemand Anders

Leoné Prinsloo21 Oktober 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

993169 Records DK (2019)

[yasr_overall_rating]

Jauni M se onafhanklike debuutalbum, Niemand Anders, wat sy onlangs uitgereik het, wissel tussen opgewekte, lekkerluister deuntjies en eerlike, diep hartsmusiek. Hierdie brunet se album, wat haar storie asook die stories van diegene rondom haar vertel, is deur haar man, mense en keuses, asook die liefde en die lewe geïnspireer. Dit volg op verskeie geleenthede die afgelope tien jaar waartydens sy saam met groot name in die plaaslike musiekbedryf soos Ruhan du Toit en Deon Meiring van Glaskas faam gewerk het. 

Hierdie album, wat uit tien Afrikaanse en twee Engelse oorspronklike snitte bestaan, is deur Sean Manley en Zanda Traut van Manley Studios vervaardig. Hoewel Jauni M gehelp het om sewe van dié liedjies te skryf, is sy egter op sommige snitte ook deur Emil Struwig, Deon Meiring, Sean Manley, Zanda Traut, Jaco van den Berg en Neill Theunissen bygestaan. Haar album se kenmerkende country pop-klank met ’n rock-gedrewe ondertoon word deur Zanda Traut op klavier, Sean Manley, Ricus Nel, Zanda Traut en Jaco van den Berg op kitare asook Denny Lallouette op baskitaar sowel as Bruce Wallace en Zander Kriegler op dromme bewerkstellig. 

Die titelsnit, Niemand Anders, vertel hoe twee geliefdes deur dik en dun saamstaan waarna hulle mekaar elke dag opnuut weer kies ten spyte daarvan dat hulle somtyds argumenteer, stry of woorde het. Die tweede enkelsnit vanaf haar album, Liefde Soos Dagbreek, verduidelik dat dit wat elke paartjie deel vir hulle spesiaal is, selfs al verskil elke liefdesverhouding net so breed soos dagbreek van mekaar. Perfekte misdaad is ’n tong-in-die-kies dansliedjie, waarin die skrywer vertel hoe sy aangekla, skuldig bevind en tot tronkstraf gevonnis is nadat sy met die liefde gedobbel en in die proses ook dronk geraak het daarop. Ander potensiële treffers sluit in Kans van ’n Leeftyd, One Step, Verlang, Sterre en Keuses. 

Kyk weg (Kyk vir my), Jauni M se duet saam met Neill Theunissen, beskryf die verloop van ’n verhouding vanaf die heel eerste kyk tussen twee geliefdes tot hulle uiteindelik besluit om mekaar te laat gaan en vry te wees. Die grootste verrassing op dié album is egter Sonder Jou, haar duet saam met Deon Meiring, wat die onophoudelike soektog van twee mense na mekaar op ’n liriese wyse beskryf. Dié album word afgesluit deur die Engelse country-gedrewe snit, This is it, waarin die skrywer ’n nuwe hoofstuk van haar lewe skryf terwyl sy aan ’n gewese verhouding terug dink. 

Hierdie emosiebelaaide album, wat hoofsaaklik handel oor liefde asook verskillende keuses wat daaroor gemaak moet word, is ongetwyfeld ’n welkome toevoeging tot die huidige aanbod van die plaaslike musiekmark. Hoewel Jauni M se sterk country-rock aanslag in sommige opsigte aan Brandi Carlile, Bryan Adams, Daughtry en Ward Thomas herinner, bewys sy egter met hierdie album dat haar talent nooit slegs tot ’n enkele musiekstyl beperk sal kan word nie. Niemand Anders, wat met ’n volwasse kontemporêre klank spog, sal beslis aanklank vind by enigeen wat al die hartseer sowel as geluk van ware, opregte liefde gesmaak het. 

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.