Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Resensies»Ivan Roux: Daai Ding
Resensies

Ivan Roux: Daai Ding

Fanie Nel21 Desember 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Coleske Artists (2018)

[yasr_overall_rating]

Ivan Roux se debuutalbum, Daai Ding wat onlangs vrygestel is, beloof om alle dansvloere regoor die land op horings te neem. Dié begaafde naaswenner van VIA se gewilde werklikheidsreeks, Die Kontrak wat in 2014 ook een van Idols SA se deelnemers was, het vanjaar sy debuut op die Afrikaans Is Groot verhoog gemaak.

Die album omslag ontwerp deur Francois Olivier maak hoofsaaklik van bruin en khaki kleurige skakerings teen ’n ligte agtergrond gebruik om ’n industriële gevoel aan Ivan se jeugdige voorkoms te verleen. Dié album is deur Paulo Azevedo en Arnold Coleske gemeester wat ook vir alle stemopnames en -redigering daarop verantwoordelik was. Juan (Floors) Oosthuizen en Danny Smoke op kitaar asook Denny Lallouette op baskitaar, Deveroux van der Hoven-Oosthuizen op klavier en agtergrondstemme deur Murray Lubbe sorg vir hierdie album se moderne klank.

Vier van die tien snitte op dié album kom uit die veelbekroonde skrywer, Johan Oberholzer se pen. Die oorblywende ses snitte daarop is verwerkings van verskeie reeds bekende treffers sowel as lewendige opnames soos dit tydens Die Kontrak deur Ivan opgevoer is. Daai Ding, die titelsnit en ook Ivan se eerste enkelsnit skop die album op ’n hoë noot af en die luisteraars sal nie anders kan as om daarop te wil roer nie. My rede is ’n popliedjie wat definitief die potensiaal het om nog ’n groot radiotreffer in die toekoms te word. Die liefde vertel die storie van hoe ’n man sy begrip van liefde in ’n liedjie verwoord terwyl Foutief handel oor iemand wat ’n fout begaan het en dan om vergifnis vra.

Ivan se besondere vertolking van immergroen treffers soos Laurika Rauch se Vier seisoene kind en Kinders van die wind asook Michael Lindt se Is jy nie meer lief vir my sorg vir ’n tikkie nostalgie op dié album met sy groot verskeidenheid. Dis egter die heel nuwe baadjie wat hy vir Karen Zoid se gewilde liedjie, Engel sowel as vir EDEN se groot treffer, 54 5de Straat aantrek wat ’n mens nie aldag hoor nie en waarmee hy homself ook van ander kunstenaars in dieselfde mark onderskei.

Dié album bied ten spyte van sy oorheersende pop aanslag nietemin nog steeds iets van alles vir sy luisteraars. Alhoewel Ivan se stem plek-plek aan die van Bobby van Jaarsveld herinner, slaag hy tog daarin om met sy debuutalbum vir homself ’n regmatige plek binne die Afrikaanse musiekmark te kan verseker. Daai Ding met sy aansteeklike melodieë en lirieke sal beslis aanklank vind by elkeen wat nie anders kan as om voortdurend op die dansbaan te boer nie.

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.