Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Die Kontrak

Die Kontrak: Sien só, eerste wie wen

Redaksiespan23 November 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die wenner van VIA (DStv-kanaal 147) se musiektalentkompetisie Die Kontrak sal amptelik op Vrydag 23 November by die eerste Afrikaans is Groot-megakonsert van 2018 by die Sun Arena, Pretoria aangekondig word. Dié episode word egter eers Woensdag 28 November om 20:00 op die Afrikaanse leefstylkanaal uitgesaai.

Die Kontrak-superaanhangers wat nie tot 28 November wil wag om uit te vind of die Durbanviller Demi Lee Moore (28) of die Pretorianer Ivan Roux (28) ’n platekontrak van een miljoen rand by Coleske Artists losslaan nie, kan die groot wen-oomblik op Netwerk24 se webblad of YouTube-kanaal stroom.

LEES OOK: Die Kontrak: Vyf ooreenkomste tussen Ivan en Demi Lee

Die Netwerk24-span sal die identiteit van Die Kontrak-wenner regstreeks vanaf Afrikaans is Groot bekendmaak. Die opsie om die wen-oomblik op Netwerk24 te stroom sal prominent op dié nuuswebblad se tuisblad vertoon word. Diegene wat verkies om tot 28 November te wag om uit te vind wie die wenner van Die Kontrak is, word aangeraai om vanaf 23 November VIA en Afrikaans is Groot se Instagram-stories vir 24 uur te vermy.

Die Kontrak-toptwee se musiekvideo’s het die afgelope week amptelik gedurende die uitsending van Die Kontrak gepremiere. Die musiekvideo’s vir Demi Lee Moore se Mis eet slaap herhaal en Ivan Roux se Daai ding kan nou eksklusief op die JOOX-app gestroom word. Die toptwee se albums is tans landwyd op die rakke van Musica-winkels beskikbaar.

Nuwe episodes van Die Kontrak word elke Woensdag om 20:00 op VIA uitgesaai met heruitsendings op Vrydae om 19:00, Saterdae om 21:00 en Sondae om 18:00. Die JOOX-app is die amptelike stroomvennoot van Die Kontrak.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Die Kontrak 3: Hier is die top-24!
Die Kontrak 3: Inskrywings is nóú oop!
‘Die Kontrak’ se Deidré reik debuut-enkelsnit uit
Die Kontrak 2: Hier is die top-26!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.