Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Die Kontrak

VIA se nuwe reeks ’n eerste vir Afrikaanse musiek!

Redaksiespan10 Junie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

VIA (DStv-kanaal 147) en die Afrikaanse musiekbedryf se grootste onafhanklike platemaatskappy, Coleske Artists, is op soek na die volgende groot Afrikaanse kunstenaar.

In die nuwe TV-reeks Die Kontrak, wat later vanjaar op die Afrikaanse leefstylkanaal uitgesaai gaan word, sal agt aspirant-sangers dit uitspook om ’n gesogte platekontrak. Die Kontrak se mentors – Elvis Blue, Tarryn Lamb, Monique Steyn en Dewald Wasserfall – sal uit die aansoeke die agt talentvolste kandidate kies.

FOTO’S: Verskaf

Elk van hulle stap die kompetisie binne met ’n platekontrak. Die uitdaging is egter om die kontrak te behou, want aan die einde van elke episode word een kontrak deur die grootbaas, Arnold Coleske, opgeskeur. En teen die einde van die reeks ontvang net die wenner ’n kontrak met Coleske Artists.

Deur die loop van die reeks sal die agt aspirant-sangers ook week na week uitgekyk word deur ’n paneel van drie kenners: die musieksterre Corlea Botha en Theuns Jordaan en die kreatiewe regisseur van die Afrikaans is Groot-megakonserte, Barry Pretorius.

Die opwindende program sal deur Afrikaanse musiek se goue broer-en-suster-duo, Bobby en Karlien van Jaarsveld, aangebied word.

As jy die volgende groot Afrikaanse kunstenaar is, skryf nou in.

Skryf só in

Daar is twee maklike maniere om in te skryf. Neem eenvoudig ’n video waar jy jou gunsteling-liedjie sing en:

  • Laai dit op die NetNuus-app se video-afdeling as jy wil seker maak jou video word nie misgekyk nie. Sê
    ook vir ons in dié video wie jy wil hê moet jou mentor wees. Onthou om die hutsmerk #diekontrak te
    gebruik.

OF

  • Laai jou oudisie-video op Facebook of Instagram, tag die mentor van jou keuse en gebruik die
    hutsmerk #diekontrak.
  • Sê wie jy is, hoe oud jy is en waar jy vandaan kom.

Inskrywings open Maandag 21 Mei 2018 en sluit Saterdag 30 Junie om middernag.

Kyk die lokprent hier:

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Die Kontrak 3: Hier is die top-24!
Die Kontrak 3: Inskrywings is nóú oop!
‘Die Kontrak’ se Deidré reik debuut-enkelsnit uit
Die Kontrak 2: Hier is die top-26!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.