Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Resensies

Steve Hofmeyr: SKREE

Leoné Prinsloo13 November 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Coleske Artists (2017)

[yasr_overall_rating]

Die immergewilde Steve Hofmeyr se 30ste album, Skree wat onlangs uitgereik is, maak weereens van daardie baie gewilde narratiewe aanslag gebruik waarmee hy jare gelede reeds die harte van soveel aanhangers gewen het. Dié uitreiking word deur ’n roemryke loopbaan voorafgegaan waarin daar reeds meer as 2 miljoen van sy albums verkoop is en sowat 200 van die liedjies uit sy pen opgeneem is. Hierdie Suid-Afrikaanse superster met sy growwe stem en unieke sin vir humor het deur die jare heen vir sy nostalgiese huldeblyke, pittige sêgoed en sterk sosiale kommentaar bekendheid verwerf.

Skree gebruik ’n geestelike of andersins ’n satiriese benadering om ondersoek in te stel na die fyn lyn wat daar tussen liefde en haat asook oorwinning en teleurstelling sowel as hoop en wanhoop bestaan. Steve het oudergewoonte byna al veertien snitte op hierdie album self geskryf met die uitsondering van Loper waar Danny Smoke ook hand bygesit het sowel as die titelsnit, Skree wat Riana Nel en Elvis Blue geskep het. Danny Smoke wat die meeste van die verwerkings en programmering op dié album behartig het, kan ook op die klawers sowel as die kitare saam met Juan “Floors” Oosthuizen en Fred den Hartog gehoor word. Ricus Nel lewer egter ’n onontbeerlike bydrae met sy baskitaar, pedal steel, banjo en mandolien om daardie eietydse country klanke na vore te bring.

Die titelsnit, Skree beskryf die tekortkominge en die uitdagings van ’n verhouding waarin twee geliefdes voortdurend baklei en op mekaar skree. Die “skree” in hierdie duet met Riana Nel verwys egter ook na die onuitgespreekte vrese, bekommernisse, frustrasies en woede waaraan mense eers hardop uiting moet gee voordat daar werklike genesing vir hulle kan ontstaan. Derick Taljaard maak van oorwegend donker beligting gebruik vir die album omslag waarop die intensiteit in Steve se oë hierdie paradoks net nog verder beklemtoon wanneer die album titel deur sy geslote mond weerspreek word.

Die eerste enkelsnit vanaf dié album, Feeslied is ’n inspirerende liedjie propvol hoop vir die toekoms waarin die luisteraars aangemoedig word om die lewe te vier deur te doen waaroor hulle passievol is. Loper vertel nes Steve se multiplatinum treffer, Pampoen hoe die skrywer na al sy omswerwinge besluit om na die meisie van sy drome terug te keer en uiteindelik by haar nes te skop. Langkoebaai wat aan die glorieryke dae van Laaste Lag herinner, maak van verskeie beelde gebruik om die finaliteit van die afskeid tussen die skrywer en sy geliefde te kan bepaal.

Redgebed vertel hoe die skrywer by monde van Jona 2:4-6 na God om hulp roep nadat hy besef het dat Sy redding en genade al is waarop hy as ‘n mens nog kan staatmaak. Government Song vertel hoe ’n arm kroeg musikant van De Aar met sy liedjie aan oom Jan op die regering se belastingsbedrog sowel as hulle aanslag op die taal, kultuur en grond van die Afrikaner sosiale kommentaar lewer. Die ander potensiële treffers sluit in Ek is, Voetsêkdag, Breek jou belofte, Hoe maak ons, Kapok en Val in my.

Dié introspektiewe album met sy eerlike lirieke bied ’n ongesensorde blik op Steve se lewensreis tot dusver wat vir ’n boeiende ervaring sorg vanaf die heel begin totdat die laaste note aan die einde wegsterf. Sy moderne vermenging van pop, rock, country en folk musiek getuig nie net van sy ongelooflike veelsydigheid as ’n kunstenaar nie, maar ook van sy verbysterende vermoë om tot enige gehoor te kan spreek. Skree wat eintlik soveel meer vrae as antwoorde aan sy luisteraars bied, sal ongetwyfeld aanklank vind by enigeen wat hulself al ooit in ’n vernietigende verhouding of situasie bevind het.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.