Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Riaan Benadé bring hulde aan die liefde met nuwe enkelsnit, ‘Lof’

Redaksiespan24 Julie 2026
FOTO: Hendri Fourie
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die gewilde sanger en liedjieskrywer Riaan Benadé is terug met sy splinternuwe enkelsnit, “Lof” – ’n opregte liefdesliedjie wat die fokus plaas op die krag van waardering en die mooi woorde wat ons oor die mense naaste aan ons spreek.

Dié uitreiking volg op sy vorige enkelsnit, “Kattebak”, wat vroeër vanjaar verskyn het en weereens Riaan se vermoë beklemtoon het om met eerlike lirieke en herkenbare temas aanklank by luisteraars te vind.

Volgens Riaan het “Lof” op ’n verrassende manier ontstaan.

“Ek het eintlik die liedjie begin skryf om my vrou te oortuig dat ek ook liedjies oor háár skryf,” vertel hy laggend. “Maar soos die liedjie ontwikkel het, het ek besef jy kan soveel probeer sê vir jou vrou oor hoe lief jy haar het en hoeveel sy vir jou beteken. Op die ou einde gaan dit daaroor dat jy haar lof besing.”

LEES OOK: Riaan Benadé terug met kragtige nuwe enkelsnit ‘Kattebak’

Vir hom is daar nie ’n beter manier om sy gevoelens vas te vang nie. “Ek bring haar met nog; daar is nie regtig iets wat dit beter verduidelik nie.”

Hy glo die boodskap van die liedjie sal veral by getroude paartjies aanklank vind. “Meeste mans kan hiermee vereenselwig,” sê hy. “Vrouens én mans gaan herinner word dat die mooiste dinge wat jy oor jou lewensmaat sê, dikwels gebeur wanneer hulle nie daar is om dit te hoor nie. En dalk is dit eintlik mooier so.”

Die inspirasie agter “Lof” is sy vrou, Melissa, wat die hart van dié liedjie vorm. Deur eerlike lirieke en ’n warm melodie vier Riaan nie net romantiese liefde nie, maar ook die waarde daarvan om iemand met opregte bewondering en respek te behandel – selfs wanneer hulle nie teenwoordig is nie.

Die musiekvideo weerspieël dieselfde eenvoudige, egte benadering as die liedjie self. Riaan het doelbewus besluit om weg te bly van groot produksies en spesiale effekte.

“Dis net ek en my band in die musiekvideo wat die boodskap oordra. Ons almal is getroude mans en ek dink ons almal stem saam met hierdie idee van die liedjie.”

Met “Lof” lewer Riaan Benadé nóg ’n liedjie wat luisteraars aanmoedig om stil te staan by die mense wat hulle liefhet en hulle waardering nie net te voel nie, maar ook uit te spreek. Die liedjie se eerlike boodskap, gekombineer met Riaan se kenmerkende stem en storievertelling, maak dit ’n enkelsnit waarmee baie Suid-Afrikaners sal kan identifiseer.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.