Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Afrikaans is Groot

Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

Redaksiespan25 Maart 2025
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Afrikaans is Groot keer vanjaar terug na die SunBet Arena en beloof om die grootste historiese konsert in die geskiedenis van dié konsertreeks te wees. Met ’n skouspelagtige kunstenaarslys en verrassings wat wag, is hierdie jaar se produksie ’n huldeblyk aan Afrikaans se ryk erfenis en sy 100ste bestaansjaar as erkende taal.

“Afrikaans as taal word hierdie jaar ’n 100 jaar oud op 8 Mei. Dis net gepas dat ons hierdie enorme mylpaal by die grootste Afrikaanse konsert vier,” sê Arnold Coleske, uitvoerende vervaardiger van Afrikaans is Groot.

Die 2025-konsert spog met ’n indrukwekkende lys van van die grootste name in die Afrikaanse musiekbedryf. Vanjaar sal kunstenaars soos Bok van Blerk, Demi Lee Moore, Riaan Benadé, Corlea, Riana Nel, Chris Steyn, Karlien van Jaarsveld, Dodo Nyoka, Ricus Nel en Appel die verhoog aan die brand sing. Boonop is daar ’n klomp verrassings wat vir konsertgangers wag, wat beteken dat daar altyd ’n element van misterie en opwinding is.

“Elke jaar maak ons ’n handjievol kunstenaars bekend en hou ’n hele klomp kunstenaars as verrassings. Dit maak ons konserte so ’n bietjie anders,” verduidelik Arnold. Hierdie unieke benadering maak Afrikaans is Groot ’n ervaring soos min, waar konsertgangers tot op die laaste oomblik met onverwagte en kragtige optredes verras word.

Volgens Arnold sal 2025 se konserte selfs nóg groter as enige vorige produksie wees. “Ek dink nie die publiek gaan gereed wees vir wat voor hul oë afspeel nie.” Hierdie belofte dui op ’n vertoning vol innovasie, uitsonderlike beligting en klankproduksie, asook visuele elemente wat ’n nuwe standaard vir musiekvertonings in Suid-Afrika gaan stel.

Die Afrikaans is Groot-konserte vind plaas op 7, 8, 9, 14, 15 en 16 November 2025 in die SunBet Arena, Pretoria. Kaartjies wissel tussen R325 en R950 en is nou beskikbaar aanlyn via iTickets. Dit is raadsaam om vroegtydig kaartjies te bespreek, aangesien hierdie massiewe viering van Afrikaanse musiek en kultuur vinnig uitverkoop sal raak.

Moenie hierdie ikoniese viering misloop nie—Afrikaans is Groot 2025 gaan ’n gebeurtenis wees wat nog jare lank onthou sal word!

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!
Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!
Die GrootJol toer die land plat in 2023!
Hierdie Desember gaan Hartenbos GROOT!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.