Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Midvaal nagtegaal stel nuwe liefdesballade bekend

Redaksiespan28 Augustus 2024
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Yolandie is ’n ligte klassieke sangeres wat gebore is in die Jakaranda Stad – Pretoria. Sy het haar voorliefde vir musiek ondek deur haar pa se kitaarlesse wat sy op ’n nege jarige ouderdom ontvang het. Van daar het sy aanhou sing en het sy van kindsbeen af elke verhoog geleentheid aangegryp.

Yolandie se kortspeel album, Shades of Time, is laasjaar uitgereik en het treffers bevat soos, Sonneblom uit Bethlehem (met Derick Scholtz), Listen to the ocean (met Kobus Prinsloo), Tell Him (met Karen Olivier), Time to say Goodbye (met Gert Hartzenberg) en ‘n spesiale bonus snit, Vivo Per Lei (met Kevin Leo).  

Na die sukses van Shades of Time, het sy besluit om ’n nuwe enkelsnit vry te stel getiteld, Morné se Lied. Hierdie lied is spesiaal opgedra aan haar kitaarspeler met dieselfde naam, en sy musikale vingers is duidelik hoorbaar op die snit. Dié lied wat sy in haar skatkis ontdek het met ’n baie interressante storie waar alles soos ’n legkaart inmekaar gepas het na ’n volle twintig jaar.

Yolandie is hedendaags terug met ’n nuwe enkelsnit, Alles oor Jou.  Hierdie enkelsnit is haar gunsteling lied tot dusver, omrede sy dit wat in haar hart is kon neerpen en dit self gekomponeer het. Die tematiek van die lied is weereens liefde. Sy meen dat die lied so mooi vasvang hoe elke vrou die prinses wil wees in haar eie liefdesverhaal en opsoek is na haar prins. Yolandie verklaar, “Dit maak nie saak watter vorm jou voorkeur van ’n lewensmaat is nie, die beginsels bly dieselfde, dis hoe ons geskep is – om lief te hê.”

Yolandie glo dat hierdie lied, deur baie sal geniet word en dat baie daarmee sal kan vereenselwig.  Yolandie meen, “ek sal graag wil hê elke persoon wat verlief is, lief is of net omgee wil wys, moet hulleself in die lied kan ervaar en saam huil, saam lag, saam sing en deel met daardie spesiale persoon.  Want liefde beteken niks as ons dit nie kan ervaar, uitdeel of leef nie.”

Yolandie beskryf  Alles oor Jou, as ’n tipiese liefdeslied.  Dit is ’n lied wat ’n mens diep laat nadink met ’n eerlike vertolking en ’n eenvoudige wysie. Haar lae ligte klassieke stem komplimenteer die mooi melodie en boodskap en los ’n blywende indruk.

Sean Butler, die bekende vervaardiger wat met kunstenaars soos Nianell, Romanz, Elizma Theron, Kurt Darren en menigte ander bekendes gewerk het, verklaar “dit is altyd ’n voorreg om betrokke te wees by Yolandie opnames en weereens met haar nuutste enkelsnit.  Die opname proses van die lied was groot pret saam Yolandie, ons  ken mekaar al oor die twintig jaar ken en is baie gemaklik met mekaar.”  Yolandie het ongeveer 5 ure opgeneem daaraan. Sy en Sean werk goed saam en deel ’n soortgelyke kreatiewe benadering tot musiek.

Die grootste les wat die musiek bedryf  Yolande geleer het is; “Bly altyd nederig en onthou waar jy vandaan kom.  Een oomblik is jy bo, die volgende oomblik dalk onder “ en dan bowenal “be true to yourself”.

Sy het menigte planne vir haar toekoms in die musiek bedryf.  Sy repeteer tans weekliks aan ’n Keurspel saam met ’n klompie kunstenaars en ’n lewendige orkes. Sy tree ook hierdie jaar op by Aardklop en sien opreg uit daarna. Sy is ook tans besig om werk te maak aan ’n musiekvideo vir Alles oor Jou en sal die einde van die jaar ’n kerslied of twee opneem.

Yolandie se wonderlike stem en musiek beloof om baie te bekoor en die duet album, Shades of Time sal mens weer herrinner oor die goeie musiek en stemme van ouds. Morné se Lied laat mens nostalgies voel oor die lewe met al sy uitdagings. Hierdie enkelsnit, Alles oor Jou beloof om net so suksesvol te wees soos haar voriges en behoort baie hartsnare te roer.  Yolandie se hart en siel is so mooi vasgevang in die vertolking van hierdie lied.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Appel en Ichnus vra: ‘Jy Sallie?’ – die vraag wat een pel maklik nie kan weier nie
Wrakinjan verken die konneksies wat tyd nie kan uitwis nie
Rooksein en Zaan Sonnekus slaan kragte saam met emosionele nuwe enkelsnit ‘Stadig’
Ollyvans sit sy veelsydige talent ‘op ys’ met nuwe enkelsnit

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Appel en Ichnus vra: ‘Jy Sallie?’ – die vraag wat een pel maklik nie kan weier nie

16 Oktober 2026

Wrakinjan verken die konneksies wat tyd nie kan uitwis nie

16 Oktober 2026

Rooksein en Zaan Sonnekus slaan kragte saam met emosionele nuwe enkelsnit ‘Stadig’

16 Oktober 2026

Ollyvans sit sy veelsydige talent ‘op ys’ met nuwe enkelsnit

16 Oktober 2026

Spoegwolf is terug met malste album nóg!

16 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.