Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Die Heuwels Fantasties se liriekvideo tref digitale skerms
Nuus

Die Heuwels Fantasties se liriekvideo tref digitale skerms

Fanie Nel10 Desember 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die Heuwels Fantasties het ’n paar weke gelede ’n splinternuwe enkelsnit, LED Liefde, uitgereik in aanloop tot die feesseisoen, en tot hul nuwe album wat Maart 2017 uitgereik gaan word.  Die bittersoet liedjie handel oor die groep wat so gereeld op die pad is en hul geliefdes dan meestal net op‘’n skerm kan sien.

Die liedjie se universele tema in hierdie digitale-era, uitsonderlike klank en betekenisvolle lirieke het gou geresoneer by meeste mense.  LED Liefde het vinnig na sy afskop sy verskyning op die iTunes ranglys gemaak en het reeds Jacaranda FM se Top 20 en Bok Radio se Top 40 betreë.

“Die terugvoer op die song is ongelooflik.  Dis boonop merkwaardig om te sien hoe die millennials aanklank vind by die liriese inhoud,” sê Fred den Hartog, die groep se kitaarspeler en vervaardiger.

Jacaranda FM se Martin Bester Drive het hul luisteraars gevra wat hulle van die liedjie dink en het, onder andere, die volgende terugvoering ontvang:

“LED Liefde is die perfekte song vir die tyd wat ons in bly en veral die huidige situasie wat ek en my man in is.  Sy ma-hulle is oorsee, so ons het basies nou ‘n LED Liefde met hulle,” het een luisteraar laat hoor. ’n Ander luisteraar sê weer: “Ek is 22 en wat mens noem ‘n millenial, en dit voel partykeer of mens nie vriende het nie, of net internet vriende het of vriende wat jy nou net sien op jou skerm.  Ek is mal oor die nuwe Die Heuwels Fantasties liedjie, they absolutely nailed it!”


Die Heuwels Fantasties het ook ’n geanimeerde liriek musiekvideo uitgereik wat die tema knap vasvang. Hierdie video is gemaak deur Ruan Vermeulen van bewilder.tv wat ook hul ander geanimeerde musiekvideo, Noorderlig (2010), gemaak het.

Die groep se voorsanger, Pierre Greeff, sê hulle dink dat die liriekvideo die “perfekte begeleiding” is vir waaroor die liedjie handel.  “Die twee loop hand aan hand,” sê hy.

Kyk LED Liefde hier:




Nóg musiek van Die Heuwels Fantasties is onlangs vrygestel. Laurika Rauch het hul treffer, Klein Tambotieboom, saam met groep heropgeneem en vrygestel op haar nuwe album, Die Reis.

“Vir ons is dit ’n groot eer dat iemand van Laurika se statuur gekies het om Klein Tambotieboom op te neem en nog boonop vir ons gevra het om dit saam met haar te sing op die album bucket list stuff,”  sê Pierre.

Die Heuwels groet met die volgende boodskap: “Om die late great Herman Pretorius te quote ‘Gekerfde senuwees almal!’  Wees veilig en lekker met mekaar die vakansie.”

LED Liefde is te kry op iTunes, Google Play en Groot Tunes.

Hier is waar jy nog Die Heuwels Fantasties in aksie kan sien vir 2016:

  • 16 Desember: Mykonos Festival, Langebaan
  • 23 Desember: Hartenbos
  • 31 Desember: New Year’s Eve: Presleys, Pretoria
Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.