Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Die Kontrak

‘Die Kontrak’ se Deidré reik debuut-enkelsnit uit

Redaksiespan27 Januarie 2023
FOTO: Gerhard van Rooyen (GVR Productions)
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Deidré Barnard het kykers bekoor, onder die leiding van Dewald Wasserfall, tydens die eerste seisoen van die gewilde realiteitsreeks, Die Kontrak, waarin sy derde geëindig het.

Nou is dié jong sangsensasie terug in die kollig met ’n haar heel eerste amptelike enkelsnit… en dit uit haar eie pen!

Beskerm Jou Hart is ’n pragtige popsnit met ’n moderne aanslag, wat gaan oor die belangrikheid daarvan om nie jouself te verloor in die seerkry van die lewe nie en is geïnspireer deur Spreuke 4:23.

“Ek het in my lewe al baie seergekry en op die harde manier geleer dat almal se intensies nie altyd so suiwer en opreg is soos wat hulle voorgee nie,” deel dié nuweling. “Wat ek graag vir mense wil sê met dié liedjie-konsep, is dit wat my nog altyd gedra het deur so ’n moeilike situasie: Dat ek weet wie ek is, wat vir my belangrik is en in Wie ek gegrond is. As jy dit beskerm en behou – dan kan die lewe kom met sy houe, niks gaan jou totaal en al van balans kan afgooi nie.”

Die liedjie is vervaardig deur Robin Kielly en lê haar na aan die hart. Sy glo ook dat dit sal aanklank vind by oud en jonk, omdat die boodskap universeel en opbouend is.

Die video, vervaardig deur Gerhard van Rooyen, sal binnekort beskikbaar wees. 

Deidré Barnard is gebore en getoë in die Strand. Sy sing al vir solank as wat sy kan onthou en het die musiekmark amptelik betree toe sy op die ouderdom van sestien derde geëindig het in Die Kontrak in 2018.

Sedertdien het sy ’n platekontrak gesluit met Inhoud Huis Musiek en nie net die kans gekry om deel te wees van die treffer-musiekblyspel, Die Gelofte: ’n Musiekblyspel in die rol van Magriet nie, maar ook om in te staan vir Bernice West in die hoofrol.

Om betekenisvolle musiek, met ’n sterk boodskap, te skryf en sing is vir haar baie belangrik. Daarom vind sy aanklank by musikante soos Taylor Swift, Bernice West, Refentse, Riana Nel, Elandré en Chris Stapleton saam met wie sy nog almal sal wil werk in die toekoms.

As sy enige ander beroep moes kies, sou sy steeds kreatief wou wees en ’n verskil wou maak. Sy verklap dat graag ’n blommeplaas sou wou hê, met ’n restaurant op die perseel waar mense kan eet en die natuurskoon geniet, en dat sy ook eendag graag ’n boek sou wou skryf.

Haar planne vir 2023 sluit in om ’n kortspeelplaat uit te bring, na Pretoria te verhuis en haar musiekskool te vestig. Sy is ook betrokke by die musiekblyspel, Die Kaplyn, en hoop om soveel as moontlik vertonings te doen.

Beskerm Jou Hart is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Kry dit hier.

Hierdie besonderse liedjie is ’n opwindende voorsmakie van wat luisteraars in die toekoms van hierdie jong sanger en liedjieskrywer kan verwag. Dit is ’n opgewekte snit, met dieper betekenis en ’n boodskap wat almal se harte sal raak.

“Dis regtig ’n lekker liedjie, wat ook iets belangrik sê. Ongeag van jou bui of smaak, kan die lirieke beslis vir jou betekenis inhou. Andersins, is dit ook die perfekte liedjie om op te kuier en dans,” sluit sy af.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.