Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Resensies

Afrikaans is Groot Volume 9

Fanie Nel1 November 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Coleske Artists (2016)

[yasr_overall_rating]

Afrikaans is Groot se suksesresep van eksklusiewe inhoud word weereens vervolmaak op hulle splinternuwe Afrikaans is Groot Volume 9 kompilasie-album wat onlangs vrygestel is. Dié dubbel CD-versameling bevat nie minder nie as nege eksklusiewe liedjies deur onder meer Bobby van Jaarsveld, Monique Steyn, Arno Jordaan, Elvis Blue en vele meer.

Die eerste album word op ’n hoë noot afgeskop deur Bobby van Jaarsveld se splinternuwe enkelsnit, Geloof, Hoop en Liefde met meesleurende lirieke deur die bekroonde liedjieskrywer, Johan Oberholzer. Arno Jordaan verras met ’n splinternuwe treffer, Mars Pluto Venus ook vanuit sy pen wat oud en jonk sal bekoor. Monique Steyn neem jou op ’n reis met haar liedjie, Treine asook Hartseer, haar duet saam met Ruhan van Touch of Class. Nog ‘n aangename verrassing is die hoofsaaklik Engelse groep, Blackbyrd wat op Kalm Voor Die Storm hulle Afrikaanse debuut maak.

Ons Op Ons Eie, die opkomende Afrikaanse rolprent, Jou Romeo se temalied deur Loki Rothman beloof om luisteraars se hartsnare van voor af te tokkel. Douvoordag spog ook met nog ’n treffer, Desembers, spesiaal vir diegene wat nie meer kan wag vir die lang somervakansie om aan te breek nie. Hierdie eksklusiewe material word aangevul deur verskeie ou gunstelinge soos Andriëtte Norman se Sewe Oseane en Kurt Darren se Dans Op Die Tafels om die dansvloere mee aan die gang te hou. Die eerste album word afgesluit deur die immergewilde treffer, Waar Was Jy? deur Karen Zoid wat sy spesiaal vir Huisgenoot se eeufeesviering geskryf het.

Die tweede album word deur Elvis Blue se nuwe enkelsnit, Mooi ingelei wat beloof om luisteraars diep te laat nadink oor waarin die werklike skoonheid van die lewe nou eintlik lê. Hierdie album neem ‘n interessante wending wanneer Die Campbells en Cordelia op hulle nuwe duet, Beloftes hul vokale kragte met ‘n verrassend aangename eindresultaat saamsnoer. Die komiese storieverteller en sanger, Andries Vermeulen verras ook met ‘n ietwat dieper aanslag in sy nuwe liedjie, Harte Vol. Die tweede album word afgerond deur reeds bekende gunstelinge soos die nuweling, Franja du Plessis se Stad Van Verlange en die immergroen Nádine se Skildery.

Afrikaans is Groot Volume 9 is beslis ’n moet vir elke Afrikaanse musiekliefhebber, veral as jy die nuutste treffers eerste wil hoor. Dié dubbel album sorg nie net vir ‘n dubbel-dosis van lekker musiek nie, maar bewys inderdaad ook waarom Afrikaans groot is met die treffer op treffer wat dit aan sy luisteraars bied.

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.