Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Irene-Louise betower met nuwe dansvloertreffer ‘Sal Jy Wil Jy’

Redaksiespan20 Maart 2026
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Pop, passie en pure dansvloer-energie – dis die perfekte beskrywing van Irene-Louise van Wyk se splinternuwe enkelsnit, “Sal Jy Wil Jy”, wat op 20 Maart saam met ’n stylvolle musiekvideo sy verskyning maak. Met dié vrystelling tree Irene-Louise ’n nuwe era binne: meer vars, meer selfversekerd en onmiskenbaar volwasse.

Met “Sal Jy Wil Jy” wys die gewilde sangeres ’n ander kant van haarself. Die lied en visuele aanbieding straal ’n moderne, selfversekerde energie uit, terwyl dit steeds emosioneel eerlik bly – ’n kombinasie wat haar aanhangers beslis gaan aangryp. Die musiekvideo beklemtoon hierdie nuwe fase, met ’n stylvolle en verfynde estetika wat haar groei as kunstenaar weerspieël.

Die enkelsnit self is ’n ware pop-galore dansvloerbanger – gebou vir harde klank, helder ligte en daardie oomblikke waar jy eenvoudig nie kan stilsit nie. Met aansteeklike hooks en ’n energieke produksie, is dit ’n lied wat jou onmiddellik intrek en nie sommer weer los nie.

Tematies speel “Sal Jy Wil Jy” met die intensiteit van jong liefde: daardie rou, speelse begeerte om naby iemand te wees. Dit verwoord die gevoel wanneer iemand vir jou “alles, alles” is, en die kwesbare maar opwindende vraag wat daarmee saamgaan: “Sal jy, wil jy, bly vanaand?” Hierdie eerlike en herkenbare emosie gee die lied ’n ekstra laag wat verder strek as net ’n danssnit.

Irene-Louise se kenmerkende warm stem dra die lied met gemak, en voeg ’n menslike, gevoelvolle dimensie by die moderne popklank. Dit maak “Sal Jy Wil Jy” nie net perfek vir die dansvloer nie, maar ook ’n ideale toevoeging tot enige speellys – of dit nou by ’n braai saam met vriende is, of ’n laatnag-rit met die volume op maksimum.

Die liedjie is geskryf deur Roux Cloete en vervaardig deur Dirk van Niekerk, twee gevestigde name in die bedryf wat bekend is vir hul vermoë om treffers te skep. Met hierdie span agter haar, is dit geen verrassing dat “Sal Jy Wil Jy” reeds die potensiaal het om hoog op die ranglyste te klim nie.

Met hierdie vrystelling bewys Irene-Louise van Wyk dat sy gereed is om haar plek in die moderne Afrikaanse poplandskap verder te verstewig – en as “Sal Jy Wil Jy” enigiets is om na te gaan, is dit net die begin van ’n opwindende nuwe hoofstuk.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Appel en Ichnus vra: ‘Jy Sallie?’ – die vraag wat een pel maklik nie kan weier nie
Wrakinjan verken die konneksies wat tyd nie kan uitwis nie
Rooksein en Zaan Sonnekus slaan kragte saam met emosionele nuwe enkelsnit ‘Stadig’
Ollyvans sit sy veelsydige talent ‘op ys’ met nuwe enkelsnit

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Appel en Ichnus vra: ‘Jy Sallie?’ – die vraag wat een pel maklik nie kan weier nie

16 Oktober 2026

Wrakinjan verken die konneksies wat tyd nie kan uitwis nie

16 Oktober 2026

Rooksein en Zaan Sonnekus slaan kragte saam met emosionele nuwe enkelsnit ‘Stadig’

16 Oktober 2026

Ollyvans sit sy veelsydige talent ‘op ys’ met nuwe enkelsnit

16 Oktober 2026

Spoegwolf is terug met malste album nóg!

16 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.