Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

ONS vra die belangrike vrae met nuwe enkelsnit

Redaksiespan13 Maart 2026
FOTO: Hendri Fourie
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Ná die suksesvolle uitreikings van liedjies soos ONS se “Lag”, “Naam” en “Daai Liedjie”, is die duo – Marco van Deventer en Ruvé Erasmus – terug met ’n nuwe enkelsnit getiteld “Sou Jy?”.

Dié liedjie, wat geskryf is deur Marco, Ruvé en Georic Lomas, delf in die ingewikkelde emosies wat dikwels ná ’n verhouding se einde oorbly – veral die vrae wat ’n mens jouself vra wanneer dinge nie uitwerk soos beplan nie.

“Die storie gaan daaroor dat verhoudings partykeer net nie uitwerk nie. Vir watter rede ook al – partykeer is dit net nie die regte tyd of plek nie. En dit was net nie bedoel om te wees nie. Dit is nie lekker nie, maar ’n mens moet dit aanvaar,” verduidelik Marco.

Die kern van die liedjie lê in ’n universele vraag: As jy die tyd kon terugdraai en dinge oor kon doen – sou jy?

Volgens Ruvé raak die liedjie ook aan ’n baie persoonlike stuk van hulle eie verhaal. Marco en Ruvé was self in ’n verhouding, maar dinge het uiteindelik nie tussen hulle uitgewerk nie.

“Niemand beplan om op te breek nie, maar dit gebeur en dan sit jy met vrae oor wat as…,” sê Ruvé.

Hoewel “Sou Jy?” steeds getrou bly aan die kenmerkende klank waarvoor ONS bekend is, verken die duo met hierdie uitreiking ’n tema wat hulle nog nie voorheen in hul musiek aangeraak het nie.

“Ons skryf gewoonlik nie oor ‘break-ups’ nie,” vertel Marco.

Saam met die vrystelling van die liedjie het ONS ook besluit om ’n kragtige visualizer te skep om die emosie van die snit visueel te versterk. Die opname is in ’n ateljee by Doxa Deo gedoen.

Met “Sou Jy?” wys ONS weer hul vermoë om eerlike stories te vertel – stories wat luisteraars herinner aan liefde, verlies en die vrae wat soms vir altyd bly hang.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’
GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Francois van Coke, Hunter Kennedy se resep vir ’n braailiedjie

23 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.