Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Wikus Botma stel nuwe enkelsnit ‘Kwaai’ bekend

Redaksiespan29 Augustus 2025
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Wikus Botma, die talentvolle sanger wat reeds groot opslae gemaak het met treffers soos “Brandewyn Lippe” en “My Nannas”, is terug met ’n nuwe enkelsnit wat beslis in aanhangers se harte gaan vassteek – “Kwaai”.

Die titel is geïnspireer deur die gewilde Afrikaanse sê-ding “Ek like jou kwaai”. In dié liedjie vertel Wikus die storie van twee mense wat mekaar ontmoet en vinnig besef hoeveel hulle mekaar waardeer – net soos hulle is. Selfs wanneer die lewe sy uitdagings bring en daar al “bietjie water in die see geloop het,” bly die liefde en waardering net so sterk soos op die eerste dag.

Wat die enkelsnit ekstra spesiaal maak, is dat dit gebaseer is op die ware verhaal van hoe Wikus sy vrou ontmoet het. Volgens hom is “Ek like jou kwaai” nie net iets wat jy vir ’n geliefde kan sê nie, maar ook die manier waarop ons Afrikaners beskryf wanneer ons iets regtig geniet – of dit nou ’n sappige braaivleisie is, of die droom-bakkie waarna jy lank al kyk.

Die liedjie is saam geskryf met Don Kelly en Marc Brendon, twee ervare liedjieskrywers wat reeds hul stempel op die musiekbedryf afgedruk het. Met Werner Beukes aan die stuur as vervaardiger, beloof “Kwaai” ’n energieke en dansbare treffer te wees wat meer as een keer gespeel gaan word – en waarskynlik heelparty draaie op die dansvloer sal inspireer.

Met hierdie nuwe enkelsnit bevestig Wikus Botma weer eens hoekom hy een van die vars, opwindende stemme in Afrikaanse musiek is. “Kwaai” is nie net ’n liedjie om na te luister nie – dit is ’n gevoel, ’n glimlag en ’n herinnering dat ons mekaar steeds “kwaai” kan like, maak nie saak wat nie.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’
GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Francois van Coke, Hunter Kennedy se resep vir ’n braailiedjie

23 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.