Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Zaan Sonnekus ‘skree weer’ op sy eie

Redaksiespan16 Julie 2025
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die geliefde sanger en liedjieskrywer Zaan Sonnekus is terug – sterker, eerliker en meer vasberade as ooit. Op 11 Julie 2025 maak hy ’n kragtige terugkeer met sy nuwe enkelsnit “Skree”, ’n rou, intense en persoonlike liedjie wat direk uit die hart kom.

Ná ’n moeilike tyd waarin Zaan se verhouding met sy vorige platemaatskappy tot ’n einde gekom het – en sy hele musiekkatalogus sonder waarskuwing van alle digitale platforms verwyder is – het hy besluit om sy pyn in klank te omskep. “Die gevoel van daardie verlies was soos toe ek my ma verloor het,” sê Zaan. Maar in plaas van stilbly, het hy gekies om terug te veg – met sy stem.

“Skree” is deur Zaan self geskryf en vervaardig in sy eie ateljee, Son Studios, saam met die talentvolle Kyle Botha as mede-vervaardiger. Die snit is ’n simboliese en emosionele ontlading van pyn, verwerking en uiteindelike bevryding – ’n innerlike skreeu wat nie net gehoor wil word nie, maar móét word.

Voor hierdie enkelsnit het Zaan reeds op 13 Junie sy aanhangers verras met ’n spesiale vrystelling van “Ten Minste Vir My (Zaan’s Version)”, ’n nuwe weergawe van een van sy gewildste treffers. Hierdie weergawe het gevolg ná suksesvolle onderhandelinge met sy vorige platemaatskappy, wat daartoe gelei het dat ál sy oorspronklike musiek weer beskikbaar gestel is op alle digitale platforms.

Maar met “Skree” begin ’n heeltemal nuwe hoofstuk in Zaan se loopbaan – een waar hy as onafhanklike kunstenaar volkome kreatiewe beheer het. “Dis nou net ek, my stories, en die waarheid,” sê hy. “En ek’s gereed om te skree.”

“Skree” is vanaf 11 Julie 2025 beskikbaar op alle digitale platforms – ’n liedjie wat nie net Zaan se hergeboorte as kunstenaar vier nie, maar ook ’n aankondiging is: hy’s terug, en hy’s nie meer stil nie.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’
GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Francois van Coke, Hunter Kennedy se resep vir ’n braailiedjie

23 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.