Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Francois Boyce bring hoop, geloof en hoop vir Leon Ferreira met ‘Asemrowend’

Redaksiespan23 Junie 2025
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Sommige liedjies doen meer as net om klank te gee aan emosie – hulle dra mense. En Francois Boyce se nuutste enkelsnit, “Asemrowend”, is een van daardie liedjies.

Dié treffende verwerking van Leon Ferreira se oorspronklike gospelsnit het nie net ’n geestelike doel nie, maar ook ’n baie rede: om fondse in te samel vir Ferreira se mediese behandeling ná ’n onlangse diagnose van aggressiewe prostaatkanker.

Francois – bekende sanger, liedjieskrywer, stemkunstenaar en radio-omroeper – het diep emosioneel gereageer toe hy “Asemrowend” die eerste keer gehoor het. “Die woorde het my hart geraak. Dit is hoe ek self God ervaar. En die melodie – jy vergeet dit nie,” vertel hy.

Ná ’n onderhoud op Radio Tygerberg 104 FM saam met Grammy-benoemde vervaardiger Neville D, waarin Ferreira se weergawe van die lied gespeel is, het Boyce en Neville onmiddellik geweet hulle moet iets met die snit doen. Ná Leon se diagnose het die idee gestalte gekry: ’n splinternuwe weergawe, saam met Die Lekker Crew, opgeneem by Digital Forest se ateljee aan die voet van Groot Constantia.

“Leon is ’n mens wat ek ongelooflik respekteer,” sê Francois. “Sy musiek het my beïnvloed om self ’n loopbaan in musiek te volg. Dit is my manier om iets terug te gee – om te help waar ek kan.”

Die “Asemrowend” musiekvideo is eenvoudig, rou en eerlik. Dit fokus op die lirieke en die aanbidding, met Francois, Neville D, Die Lekker Crew én Leon Ferreira self voor die kamera. Volgens Francois wou hulle ’n boodskap uitdra van hoop en vasberadenheid. “God bly asemrowend, maak nie saak wat jy in die oë staar nie.”

Die liedjie en video is nou beskikbaar op YouTube en alle digitale platforms.

Kyk die musiekvideo hier:

Help Leon Ferreira veg teen kanker

Fondse vir Leon Ferreira se mediese behandeling kan bygedra word via BackaBuddy. Of per EFT:

  • Rekeninghouer: Kyla Miche van den Bergh
  • Bank: Discovery Bank
  • Rekeningtipe: Current
  • Takkode: 679000
  • Rekeningnommer: 12774983744

Francois, wat nasionale bekendheid verwerf het tydens die pandemie met sy Hoezit Samelewing-platform, dra nie net vele hoede nie – hy dra sy hart op sy mou. As eggenoot, pa, motiveringspreker, handelsmerkambassadeur én kunstenaar toer hy tans landswyd met produksies soos 5 Vrouens en Ek, Ek, ’n Tent en Oorlog, en Stap in Styl – met nog ’n nuwe vertoning, 5 Koeke & Ek, op pad.

Maar vandag gaan dit oor iets groter as enige verhoog. Met “Asemrowend” wil hy nie net luisteraars aanraak nie – hy wil ’n lewe red.

“Kies om God te aanbid ten spyte van jou omstandighede.”

Francois Boyce
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Appel en Ichnus vra: ‘Jy Sallie?’ – die vraag wat een pel maklik nie kan weier nie
Wrakinjan verken die konneksies wat tyd nie kan uitwis nie
Rooksein en Zaan Sonnekus slaan kragte saam met emosionele nuwe enkelsnit ‘Stadig’
Ollyvans sit sy veelsydige talent ‘op ys’ met nuwe enkelsnit

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Appel en Ichnus vra: ‘Jy Sallie?’ – die vraag wat een pel maklik nie kan weier nie

16 Oktober 2026

Wrakinjan verken die konneksies wat tyd nie kan uitwis nie

16 Oktober 2026

Rooksein en Zaan Sonnekus slaan kragte saam met emosionele nuwe enkelsnit ‘Stadig’

16 Oktober 2026

Ollyvans sit sy veelsydige talent ‘op ys’ met nuwe enkelsnit

16 Oktober 2026

Spoegwolf is terug met malste album nóg!

16 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.