Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Van Der Aven se nuutste enkelsnit onlangs vrygestel

Redaksiespan4 Junie 2024
V.l.n.r Theunis van der Merwe, Roelof van der Merwe, Paul Avenant. FOTO: Facebook via Van Der Aven
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die Suid-Afrikaanse alternatiewe rockgroep, Van Der Aven, se nuutste enkelsnit, Die Antwoord Is Jy, is onlangs op alle digitale platforms vrygestel. Dié snit is ook besig om op radiostasies regoor die land te roteer. Die enkelsnit vorm deel van hul tweede kortspeler, bekend as Deel Twee, en is die laaste enkelsnit wat die groep vrystel van musiek wat hulle reeds met hul lewendige vertonings optree.

Die Antwoord Is Jy is ’n alternatiewe rock enkelsnit wat diep inspirasie put uit die klassieke rock ballades van die 90’s. “As ’n 90’s baba het ek grootgeword met ongelooflike rock ballades soos onder andere Goo Goo Dolls se Iris en The Verve se Bitter Sweet Symphony,” vertel hoofsanger en skrywer Roelof van der Merwe. “Die kombinasie van rock dromme en kitaar klanke met simfoniese orkes klanke is nog altyd iets wat ek oor mal is. Ons wou graag hierdie kombinasie probeer met Die Antwoord Is Jy aangesien ons gedink het dat hierdie klanke goed sal werk vir ’n liefdes ballade.”

Die enkelsnit is vervaardig en opgeneem in samewerking met die bekende musiekregisseur Theo Crous by Bellville Studios. “Omdat ons graag meer van ’n rock aanslag en klank met die enkelsnit wou kry, het ons dadelik gedink om weer met Theo te werk,” vertel Roelof. “Dit is ’n groot eer om saam met Theo te kan werk! Hy het soveel ondervinding in die musiekindustrie en is ’n lewende legende.”

Met hierdie snit beoog Van Der Aven om nie net hul lojale aanhangers te bekoor nie, maar ook nuwe gehore aan te spreek wat lief is vir die magiese klanke van rock ballades. Die Antwoord Is Jy beloof om ’n treffende toevoeging tot hul repertoire te wees en ’n nuwe hoogtepunt vir die groep se musikale reis.

Leer ken die manne van Van Der Aven beter hier:

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Ruhan du Toit sing oor die geloof van ’n boer in droogte
Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Ruhan du Toit sing oor die geloof van ’n boer in droogte

9 Oktober 2026

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.