Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Geliefde Liedjieboer stel nuwe enkelsnit bekend

Redaksiespan24 Mei 2024
FOTO: Blyde Smit
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die legendariese, immergewilde en baie geliefde Suid-Afrikaanse sanger, musiekregisseur en liedjieskrywer, Anton Goosen, is terug in die kollig met ’n splinternuwe enkelsnit wat diep tref.

Bly By My, (My Lief) – ’n gedig van Antjie Krog wat hy op sy besonderse manier vir die Woordfees getoonset het – is ’n liefdesliedjie in ’n “Afrikaanse sagte blues genre”.

“Ons moes vir die Woordfees se huldigingsprogram, Al om Antjie, twee van Antjie Krog se gedigte kies. ‘Bly by my’ is een van haar bekendstes. Daar is ander deuntjies met dieselfde titel en dus het ek dit verander na Bly By My, (My Lief), maar omdat dit egter nie ’n liriek is nie, het ek die koorgedeelte bygeskryf,” verduidelik die begaafde musikant.

Die enkelsnit is deur Anton en Peter Pearlson vervaardig, met Illimar Neitz, Anton se kitaarspeler, wat ook insette gelewer het. Dit bevat uitstekende Hammond-orrel- en kitaarsolo’s deur onderskeidelik Simon Orange en Illimar, met betowerende agtergrondsang deur Lise Swart.

Bly By My, (My Lief) vorm deel van Anton se nuwe album, Sirkels, wat eersdaags uitgereik word. Die album, wat nege nuwe liedjies bevat – insluitend drie toonsettings en twee duette – is ’n luister-album wat ballades, stories, dans-, protes-, en rock-musiek insluit.

Anton, wat algemeen as die vader van Afrikaanse rock beskou word, is in 1946 in die Karoo gebore en het in Kroonstad grootgeword. Kruidjie-roer-my-nie was sy eerste enkelsnit wat kommersiële sukses behaal het. Sy eerste album, Boy van die Suburbs, was ook in 1979 ’n kitssukses.

Oor die jare het hy meer treffers op sy kerfstok versamel as enige ander Suid-Afrikaner, waaronder Silver de Lange, Boy van die Suburbs, Byeboerwa, ’n Brief vir Simone, Kruidjie-roer-my-nie, Jantjie, Waterblommetjies, Harlekyn, Hanoverstraat, Trein na Matjiesfontein, Ta’ Mossie se sakkie-sakkie boeredans, Geelperskereën, Pampoene oppie dak, en Dancer (met Lucky Dube) en vele meer.

Dié lewende legende het al meer as 20 albums uitgereik en die musiek vir verskeie films geskryf – waaronder Die Laaste Tango (2013), ’n Pawpaw vir my Darling (2015) en Siembamba (2017), asook liedjies vir beroemde kunstenaars, insluitend Laurika Rauch, Carike Keuzenkamp, Richard Clayderman en Koos Kombuis neergepen.

Hy is ook tydens sy dekades-lange loopbaan as liedjieskrywer en sanger met verskeie toekennings vereer, onder andere Sari’s, Ghoemas, Geraas, Vonk, en dan SAMA-, Innibos-, die FAK- en Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Kuns en Kultuur toekennings vir sy lewenslange bydrae tot musiek. In 2023 is hy een van vyf kunstenaars wat in die South African Gallery of Legends ingehuldig is.

In 2022 het hy sy eie twee reekse vellies, Jantjie en Pasgetroud velskoene, in samewerking met Vellies Boutique bekendgestel. Jantjie was geïnspireer deur sy treffer wat in 1976 deur Sonja Herholdt opgeneem en bekendgemaak is, en Pasgetroud vanaf sy album Lappiesland (1985).

Anton Goosen: Liedjieboer, sy lewensverhaal wat deur die bekende joernalis Hanlie Retief neergepen is, is in 2020 deur NB-uitgewers uitgereik.

Buiten die uitreiking van sy nuwe album werk Anton vanjaar aan verskeie konsertvertonings. Die filmvervaardiger Niel van Deventer werk tans aan ’n vier-episode dokumentêr oor Anton se loopbaan.

Wanneer hy nie besig is met sy musiek nie, geniet hy tyd – en ’n glasie Kaapse rooiwyn – saam met sy beminde, Estie, en hul vier honde. Hy hou ook van stappies op die strand, gesprekke met vriende, lees en om reekse op Netflix of Britbox te kyk.

Bly By My, (My Lief) is ’n meesterlike toonsetting van die werk van ’n besonderse digter deur ’n ikoniese Afrikaanse kunstenaar. Dit is beslis ’n lied wat diep spore gaan laat in die Afrikaanse musiekbedryf, net soos wat Anton al jare lank doen.

Die enkelsnit is nou op alle digitale stromingsplatforms beskikbaar. Laai dit hier af.

Kyk die musiekvideo hier:

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Ruhan du Toit sing oor die geloof van ’n boer in droogte
Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Ruhan du Toit sing oor die geloof van ’n boer in droogte

9 Oktober 2026

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.