Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Afrikaans is Groot

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Redaksiespan27 Maart 2024
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek om jou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer die grootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in Pretoria plaasvind.

Riana Nel, Karlien van Jaarsveld, Jay du Plessis, Corlea, Dodo Nyoka, Ruhan du Toit, Die Piesangskille, Brendan Peyper, Ricus Nel, Appel, Riaan Benade, Chris Steyn, Bok van Blerk en Demi Lee Moore gaan die jaar op die verhoog te sien wees. Natuurlik kan konsertgangers ook ’n hele paar verrassings verwag.

“Ons is werklik opgewonde om vir die 11de keer konsert te hou. Afrikaans is Groot het so te sê ’n moetsien produksie geword,” het Johan C Venter, handelsmerkbestuurder van Coleske Groep gesê.

’n Ekstra bonus vanjaar is die nuus van ’n splinternuwe borg. In samewerking met die reisagentskap World Leisure Holidays gaan nege kaartjiekopers die kans staan om ’n vyfster vakansie vir twee persone na Mauritius te wen. 

“Dit is vir ons ’n groot voorreg om deel te wees van Suid-Afrika se gewildste Afrikaanse musiekkonsertreeks. Dit is ’n jaarlikse hoogtepunt op die vermaakkalender en die grootste Afrikaanse konsert in die wêreld, waarmee ons onsself graag vereenselwig,” het Elaine Durr, bedryfsdirekteur van World Leisure Holidays gesê.

Die prys sluit in ’n sewedag-vakansie vir twee in Mauritius, hotelverblyf wat twee etes per dag insluit en vervoer van die lughawe na die hotel en terug. 

“Mauritius is ’n heerlike plek om vakansie te hou en te ontspan. Dit is werklik vir ons ’n wonderlike voorreg om saam met World Leisure Holidays, ons nuwe borg, nege paartjies wat AiG gaan bywoon met ’n vyfster vakansie vir hulle lojaliteit te kan bederf,” het Arnold Coleske, besturende direkteur van Coleske Groep gesê.

Terme en voorwaardes geld en kan gevind word by www.coleskeartistmanagement.com. 

Kaartjies vir Afrikaans is Groot 2024 is nóú beskikbaar by www.afrikaansisgroot.co.za  en wissel tussen R295 en R895. 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!
Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!
Die GrootJol toer die land plat in 2023!
Hierdie Desember gaan Hartenbos GROOT!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.