André van Wyngaardt se nuwe enkelsnit Daar is onlangs vrygestel en volgens dié sanger en liedjieskrywer het die keuse vir sy nuwe enkelsnit lukraak vir hom gebeur.
“Uit ’n kortlys van 26 liedjie het ek Daar uit ’n blikkie getrek en daaroor gebid,” het André gesê.
Daar is geskryf en gekomponeer deur André self en deur Ettienne D. Lane vervaardig.
“Ek glo dat die liedjie by magte is om mense te bemoedig wat alleen en stukkend voel, en dat hierdie liedjie ’n herinnering is dat ons nooit alleen is op ons eie nie, maar dat die Here altyd naby is,” het André gesê.
- Daar is nou op alle digitale stroomdienste beskikbaar.
Kyk die liriekvideo hier:
