Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Frieda van den Heever ‘lewe eers, sing dan daaroor’ op nuwe album

Redaksiespan12 Maart 2024
FOTO: Mia Truter
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Spoorsny is Frieda van den Heever (meer bekend as stemkunstenaar, radio-aanbieder en regisseur) se eerste vollengte Afrikaanse album. Hierdie album is gebore uit hunkering, soos meeste ander musiek. Die lewe moes spore laat voor sy kon sny – snitte maak, tracks opneem, instink vertrou. Die spore loop deur landskappe van verlies, verlange, vrae, ekstase, hoop, liefde: lewe… en veral lewe na die dood. Die verlange om te ontsnap, om by die huis te kom, om te vlieg, om te land, om te vergeet, om te onthou, om los te breek, om vas te hou – die paradoks van menswees. Frieda som dit op: “Ek moes leef voordat ek daaroor kon sing.”

Die liedjies op die album is oor jare geskryf en het vorm gekry in die laaste paar jaar. Dit is oorspronklik geskep vir Skoonveld – ’n produksie by die Woordfees wat gehore gaande gehad het en die Woordtrofee vir beste kontemporêre solo-musiekproduksie gewen het in 2022. Daarna het gehore van den Heever oortuig dat sy ’n bydrae kan lewer tot die body of work van Afrikaanse musiek en dat sy Afrikaans dit skuld om haar musiek te deel.

Daar is ’n klomp plekke waarheen mens se siel gaan na jy jou laaste asem uitblaas. Dit hang af wie jy was en as ek praat van wie jy was, praat ek nie van jou naam of jou ma se naam of jou plek nie, ek praat van die klank wat jou stilte maak as jy weg is.

Ronelda Kamfer, Kompoun

Die album is oor die bestek van ’n paar maande opgeneem saam met die legendariese Jürgen von Wechmar by Sunset Recording Studios en Frieda het saam met twee geniale vervaardigers, Fred den Hartog en Johnny de Ridder, geskaaf aan die liedjies. Van ons land se voorste sessie-musikante kan ook gehoor word op die album.

Die eerste enkelsnit op die album, Bon Voyage, was die heel laaste liedjie wat van den Heever geskryf het voor die album opgeneem is. Sy wou graag saam met Die Heuwels Fantasties werk omdat sy al drie snitte in die verlede saam met hulle opgeneem het (Mangemaak, Pêrels en Lewensredders en Nodig). Bon Voyage het die lig gesien saam met Pierre Greeff en Fred den Hartog as vervaardiger.

Jozua Malherbe en Rolanda Marais was aan die stuur van die regie en verfilming van die Bon Voyage video, die kamerawerk was deur Lourens van Rensburg (7Films), redigering Damiane van Reenen en die gradering deur Justin Wall.

Ander hoogtepunte op die album sluit in Slot Wat Aanhou, ’n duet met Laudo Liebenberg, Huis Toe – ’n gunsteling onder gehore wat die musiekproduksie kom kyk het, Asem wat dikwels op RSG speel die afgelope paar jaar, Branders ken strande wat Frieda geskryf het op die eerste Kersdag na haar man se dood en Soos ’n Gebed, die enigste lied wat nie uit van den Heever se eie pen kom nie. Dis ’n toonsetting van ’n gedig deur Hilda Smits (Ingrid Jonker-pryswenner van 2017) wat vervat is in haar merkwaardige bundel mag die diep slaap jou dan (2021).

Hierdie album roep diep herinneringe op van wat dit beteken om ten volle mens te wees. In hierdie land. In hierdie taal. Maar ook oral. Frieda van den Heever probeer die kompleksiteit van menswees te vertolk deur woorde te gee vir die gans onbeskryflike, ’n onbegonne taak, soos sy self erken. Sy poog deurgaans om te skryf soos sy ruik, om te sing soos sy praat, om op te spoor wat sy hoor.

Leonard Cohen het gesê: “Whatever pain you can’t rid of, make it your creative offering.” Hierdie album is van den Heever se aanbod. Dis nie ligte musiek nie, maar dit is musiek vol lig.

Kyk Bon Voyage se musiekvideo hier: 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Appel en Ichnus vra: ‘Jy Sallie?’ – die vraag wat een pel maklik nie kan weier nie
Wrakinjan verken die konneksies wat tyd nie kan uitwis nie
Rooksein en Zaan Sonnekus slaan kragte saam met emosionele nuwe enkelsnit ‘Stadig’
Ollyvans sit sy veelsydige talent ‘op ys’ met nuwe enkelsnit

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Appel en Ichnus vra: ‘Jy Sallie?’ – die vraag wat een pel maklik nie kan weier nie

16 Oktober 2026

Wrakinjan verken die konneksies wat tyd nie kan uitwis nie

16 Oktober 2026

Rooksein en Zaan Sonnekus slaan kragte saam met emosionele nuwe enkelsnit ‘Stadig’

16 Oktober 2026

Ollyvans sit sy veelsydige talent ‘op ys’ met nuwe enkelsnit

16 Oktober 2026

Spoegwolf is terug met malste album nóg!

16 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.