Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Werner Olckers se vierde enkelsnit Gunsteling op pad

Redaksiespan19 Februarie 2024
FOTO: AJ Howard
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Werner Olckers se jongste uitreiking getiteld “Gunsteling” is ʼn alternatiewe Afrikaanse pop-liedjie met ʼn universele tema wat handel oor die beëindiging van ʼn vriendskap of verhouding.

Werner het, net soos al sy vorige snitte, “Gunsteling” self geskryf en sê die liedjie se boodskap gaan oor ʼn basiese menslike ervaring.

“Ek glo die tema is iets wat almal op ʼn stadium in hulle lewe beleef het,” verduidelik die musikant, wat onlangs sy sololoopbaan in Afrikaans afgeskop het.

“Die liedjie speel met die idee van aanbeweeg van iemand wat nie noodwendig goed was vir jou nie, maar op dieselfde tyd te kan terug kyk met ʼn gesonde siening van beide die goeie en slegte tye.” 

Volgens Werner is hy ʼn groot voorstaander van ʼn balans vind tussen melodie en ritme. “’Gunsteling’ voel net soos ʼn natuurlike keuse vir ʼn enkelsnit. Die liedjie bevat beslis beide elemente saam met ʼn vars mengelmoes van klanke.”

“Soos wat ek stadigaan musiek in Afrikaans uitreik, besef ek hoe baie spasie en honger daar is vir alle Afrikaanse kunstenaars. Ek hoop mense gaan die dualiteit van die hartseer lirieke en hoë pas ritme geniet.”

Al wat hy wil hê is dat mense moet saam sing. “Dat die liedjie in jou kop vas sit. Ek wil hê mense moet kliphard in hulle motors saam sing.”

Werner, wat voorheen voorsanger van die musiekgroep Wrestlerish was, sê hy is verskriklik opgewonde oor die musiekvideo vir “Gunsteling”.

Die video is iets anders as die gewone, en is metafories ʼn afskeidsvideo aan Werner se vorige projek, Wrestlerish.

“Ek het myself nogal deur hel gesit om dit te maak. Ek is in die kryt teen n professionele rofstoeier. Daar is so baie wat aangaan in die video. Dis ook ʼn pret video met snaakse oomblikke. My vorige band maat en vriend, Nax (nou deel van Van Pletzen) het ʼn rol in die video en was ongelooflik snaaks tydens die verfilming.” 

Die video is in Johannesburg by die APWA se oefensaal geskiet. Die kampioenrofstoeier, Ananzi, verskyn ook in die video. 

“Gunsteling” is Werner se vierde enkelsnituitreiking. Dit sal later vanjaar opgevolg word deur nog ʼn enkelsnituitreiking en albumvrystelling.

  • Gunsteling word eerskomende Vrydag, 23 Februarie vrygestel.

Meer oor die kunstenaar:

Werner Olckers is reeds meer as twee dekades doenig in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Hy en die musikant Peach van Pletzen het hulle eerste groep, SHU, in 2001 gestig toe hulle saam drama studeer het aan Pro Arte in Pretoria.

Werner se pa was ʼn joernalis vir die SAUK. Hy het grootgeword op stelle en tussen akteurs en kunstenaars. Werner se ma speel kitaar, orrel en klavier en het hom van ʼn baie jong ouderdom blootgestel aan musiek. 

Werner is ʼn groot aanhanger van Hunter Kennedy, Jo Black, Johannes Kerkorrel, al Peach van Pletzen se projekte, Koos du Plessis en vele meer. Hy is ook ʼn groot aanhanger van 90’s RʼnB musiek.

Hy wil baie graag saam met ʼn kunstenaar werk wat glad nie in sy styl of genre val nie, iemand wat hom kan druk en leer om iets nuuts te doen. 

Werner se musiek word deur ander musiek, rolprente, boeke, sy vriende en familie geïnspireer. “Daar is musiek in alles. Mens moet net luister,” sê hy.

Sy nommer een reël is om altyd ʼn oop kop te hê oor alle tipe musiek. “Daar is meriete en kuns in alles, van klassieke musiek tot Rina Hugo tot metal musiek. Ek geniet dit verskriklik om alles te ontleed.”

Werner som sy styl op as popmusiek met ʼn kinkel. 

Hy is tans besig om die finale aanpassings aan sy eerste sol -album te maak en skryf reeds vir die tweede een. Hy beplan om in 2024 deurlopend nuwe musiek uit te reik.

Werner se musiek en projekte is al benoem vir menigte SAMA-toekennings en sy liedjies het al ʼn hele paar no. 1-posisies op nasionale en kampus radiostasies gehaal.

Sy musiek is ook in rolprente soos Spud gebruik en hy het onder meer ʼn Loerie- en Pendoring- toekenning ingeoes. Hy het ook al by die SAMA-toekenningsgeleentheid en op die SABC 2-sepie 7de Laan opgetree.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Ruhan du Toit sing oor die geloof van ’n boer in droogte
Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Ruhan du Toit sing oor die geloof van ’n boer in droogte

9 Oktober 2026

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.