Close Menu
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
Facebook TikTok Instagram Threads X (Twitter) WhatsApp
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Sien Alles

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    Hierdie Desember gaan Hartenbos GROOT!

    9 Desember 2022

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Krone 7 skuif wéér: ‘’n Reuse konsert verdien ’n reuse gehoor!’

    11 Mei 2022

    Charmaine van Sing in Afrikaans was ‘DorpToe’ én dit was ‘’n ongelooflike ervaring’

    19 Mei 2025

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Oos Wes Tuis Bes: ’n Musiekfenomeen kom na Carnival City

    17 Maart 2025

    Universal Musiek bring die fees ‘DorpToe’ na gemeenskappe regoor die land!

    5 Maart 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus

Johan Vorster, Bernice West, Nadia Beukes en kie binnekort in nuwe musiekblyspel te sien!

Redaksiespan Nuus
Facebook WhatsApp Twitter Email Telegram Copy Link

FOTO: Verskaf

Die pandemie, wat ’n groot impak op die teaterbedryf gehad het, is uiteindelik iets van die verlede en om dit te vier stel Inhoud Huis Musiek en AfriForum ’n splinternuwe musiekblyspel bekend!

Die Gelofte: ’n Musiekblyspel, ’n musiekblyspel deur Johan Vorster met teks deur die bekroonde draaiboekskrywer Jannes Erasmus, volg die gebeure voordat Die Gelofte tydens die Slag van Bloedrivier afgelê is.

Wanneer Aimee en Ali, twee hoërskool-dramastudente, ’n kis briewe onder in die teater se kelder ontdek, leer ken hulle die verhaal van Sarel Cilliers (en die Voortrekkers) wat saam met sy gesin oor die Drakensberge trek na die beloofde land. ’n Liefdesverhaal ontvou ook tussen twee jongmense wat skynbaar ’n onmoontlike gelukkige einde kan hê.

Dit is ’n geskiedkundige stuk, verpak in ’n hedendaagse pakkie, wat jou iets van die geskiedenis vertel, maar ook hoop bring en lewenslesse leer.

LEES OOK: ‘Die Gelofte’ se musiekvideo is hier!

Buiten vir Jannes wat ook self die regie behartig, is die musiek en lirieke deur Johan Vorster en Jacomien de Wet (Inhoud Huis Musiek) geskep, terwyl Francois Lessing aan die stuur van orkestrasie en musiekregie staan.

“Wanneer jy na hierdie musiekblyspel kom kyk, sal jy verstaan waarom dit belangrik is om dié verhaal te vertel. Daar word parallelle getrek wat oor byna 200 jaar strek en vandag steeds relevant is. Grond, gesinsbande en die grusame werklikheid van die lewe,” sê Erasmus. “Dit is ’n voorreg om die pen vas te hou, maar daar rus ook ’n groot verantwoordelikheid op my om met menslikheid en deernis in die regisseurstoel te sit. Die geskiedenis kan nie herskryf word nie, maar dit kan vanuit ’n ander perspektief benader word.”

Vorster en De Wet voeg by: “Die skryf van hierdie musiekblyspel het ons lewens verander. Ons het aanvanklik gedink dat die verhaal slegs ’n deel van ons geskiedenis is maar dit is soveel meer. Ons vertrou dat elke persoon wat hierdie musiekblyspel gaan kyk, se lewens ook aangeraak sal word. Daar was hoop vir ons in 1838 en daar is steeds hoop vir ons vandag.”

Om dinge nog meer opwindend te maak, spog hierdie produksie ook met ’n sterbelaaide rolverdeling in die musiek- en teaterbedryf waaronder Johan Vorster, Nadia Beukes, Bernice West, Eddie de Jager, Zöricke Snyman, Jacomien de Wet, nuweling Ilán van Staden en vele meer.

LEES OOK: ‘Die Gelofte’ vir die eerste keer in Afrikaans getoonset

Johan, wat bekend is as trefferliedjieskrywer en vervaardiger (De la Rey, Pa en Seun, Eendag as ons Groot is, Swart Koffie, Skepe, Nonna, Net voor die Storm kom, en vele meer), maak na ’n dekade agter die skerms vir die eerste keer weer sy buiging op die verhoog en het laas opgetree as deel van die SAMA-bekroonde musiekgroep, Eden (Is jy Bang, 54 5de straat, Lyf teen Lyf en Kwart oor 5). Hy het ook vir twee jaar ‘n  Bybelskool bygewoon ter voorbereiding vir sy rol in die blyspel.

Nadia Beukes is ook ’n bekende gesig op die kassie en die verhoog en sien uit na die geleentheid om weer op verhoog te wees na twee jaar van inperking. “Die kreatiewe span wat lewe gegee het aan hierdie stuk, is uiters talentvol en dit is veral die musiek wat my in vervoering het. Daarmee saam, is dit wonderlik om te sien hoe AfriForum Teater die kunste ondersteun en ek hoop hierdie is die begin van vele soortgelyke produksies in die toekoms. Ek glo werklik dis iets wat mense se harte gaan raak,” sê sy.

West, ’n groot gunsteling in musiekkringe, deel Beukes se entoesiasme en is baie opgewonde om deel te wees van hierdie projek. “Ek sien uit na die verhoog, die mense en om mense se reaksie te sien op die unieke manier waarop ons dié geskiedkundige verhaal vertel.”

Maart is AfriForum Teater se verjaardagmaand en hierdie produksie beloof om die standaard hoog te stel aan die begin van dié jong teater se tweede bestaansjaar.

“By AfriForum Teater skep ons nie net ’n platform vir die Afrikaanse kunste nie, maar ons bring ook die Afrikaanse gemeenskap bymekaar. Die Gelofte is ’n belangrike deel van ons erfenis wat oorvertel en herdenk moet word. Dit is meer as ’n dekade sedert daar ’n geskiedkundige blyspel van dié aard op die planke was. Ons sien uit om hierdie blyspel op ons verhoog te verwelkom en is trots om deel daarvan te wees,” sê Carien Bloem, teaterbestuurder van AfriForum Teater, aan.

Die Gelofte: ’n Musiekblyspel is ’n ou verhaal oor ’n wonderwerk, met ’n nuwe aanslag. ’n Liefdesverhaal in oorlogstyd oor ’n buiteperd wat nie ’n kans gestaan het om alleen oorwinning te behaal nie en ons afhanklikheid van mekaar en God simboliseer.

Die musiek is alles splinternuut en sal aanklank vind by diegene wat gehou het van Disney se Aladdin of The Greatest Showman.

Hierdie gesinsvriendelike produksie sal jou op ’n emosionele reis neem van skaterlag-tonele en knop-in-die-keel-oomblikke wat jy nog vir lank daarna sal onthou… en dit nog boonop in jou eie taal, Afrikaans!

Dit sal op die planke wees vanaf 6 tot 29 Mei 2022 by die AfriForum Teater in Pretoria.

Kaartjies is beskikbaar teen R350 per persoon op https://linktr.ee/dieGelofte.

Jy Sal Ook Hiervan Hou

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

20 Mei 2025

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

16 Mei 2025

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

16 Mei 2025

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

16 Mei 2025

Arno Carstens se ‘Sprokie’ bring hoopvolle poësie in ’n wêreld van wanorde

12 Mei 2025
© 2025 Kopiereg. Alle regte voorbehou.

Tik hierbo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.