FOTO: Verskaf
Na die reuse sukses van Die Kontrak se eerste seisoen, is dié musiek-realiteitsreeks terug om die volgende groot Afrikaanse kunstenaar te soek. eTV en die Coleske Artists gaan ’n talentvolle deelnemer se drome laat waar word.
Inskrywings sal digitaal geskied en aspirant-sangers kan hul inskrywingsvideos vanaf Donderdag, 31 Maart 2022 tot Vrydag, 29 April 2022 om middernag, op sosiale media laai om in aanmerking te kom.
Elkeen van die top 8 finaliste skop die program met ’n platekontrak af, maar hulle gaan hard moet werk om dit te behou.
Daar is vier mentors wat al die digitale inskrywings sal fynkam, om elkeen uiteindelik net twee deelnemers na die kompetisie te bring. Drie kenners sal week ná week hulle skerp ore en ervaring na die tafel bring – om vir deelnemers en mentors terugvoer te gee en die “grootbaas” se raadgewers te wees gedurende die proses.
Na elke episode se optredes en die kenners se kommentaar, rus die onus op die “grootbaas” van Coleske Artists om die moeilike besluit te neem oor watter deelnemer se kontrak na die afloop van elke episode opgeskeur sal word en wie se kontrak aan die einde van die reeks geteken sal wees.
Skryf só in:
1. Neem ’n video waar jy jou gunsteling-liedjie sing en laai dit op jou Facebook, Instagram of TikTok. Stel jouself aan die mentors voor – sê wie jy is en waar jy vandaan kom. Tag die mentor wat jy wil hê in jou plasing. Gebruik die volgende:
Monique Steyn
Facebook: @MoniqueSteynSA
Instagram: @moniquesteynsa
TikTok: @moniquesteynsa
Refentse
Facebook: @RefentseSA
Instagram: @refentsemusiek
TikTok: @refentsemorake
Tarryn Lamb
Facebook: @Tarrynlamb
Instagram: @tarryn_lamb
TikTok: @tarrynlamb
Karlien van Jaarsveld
Facebook: @Karlien.van.Jaarsveld
Instagram: @karlienvanjaarsveld
TikTok: @karlien_van_jaarsveld
Jy sal ook Die Kontrak in jou plasing moet tag. Vir Facebook gebruik @DieKontrakTV, Instagram @diekontraktv en TikTok @diekontrak. En maak seker om die hutsmerke #WenDieKontrak #Inskrywing #etv te gebruik.
2. Registreer jou inskrywing op Die Kontrak se webblad, deur hier te klik. Deur hierdie stap te volg, verseker jy dat, jou inskrywing die kenners gaan bereik.
3. Kry jou vriende en familie om jou te ondersteun. Sodra jou inskrywing gelaai is op sosiale media en geregistreer is sal jou sosiale media gemonitor word om te kyk of jou vriende ook dink dat jy die kontrak werd is. Jy sal ook ’n skakel ontvang om stemme te werf.
Hou dít ingedagte wanneer jy inskryf:
- Alhoewel die oudisie-inskrywingsproses acapella gedoen kan word, kan kandidate hulself ook begelei of deur iemand met ’n musiekinstrument begelei word.
- Kandidate moet in Afrikaans kan gesels en sing. Altesaam 70% van die liedjies en inhoud moet in Afrikaans gelewer word. Inskrywings moet verkieslik ook ’n Afrikaanse liedjie wees maar ander tale word ook toegelaat.
- Die kandidate kan enige ouderdom wees, maar moet ’n Suid-Afrikaanse ID-dokument hê. Indien jy nog nie oud genoeg is om oor ’n ID-dokument te beskik nie, moet jy die geskrewe toestemming van ’n ouer of voog hê om in te kan skryf en moet jy deur ’n ouer of voog by alle produksies vergesel word.
- Die kandidate mag onder geen omstandighede aan enige bestaande platekontrak met ’n platemaatskappy gebonde wees nie en ook nie gebonde wees aan enige kunstenaarsagentskap nie.
- Die kandidate teken in as ’n individuele solo-kunstenaar. Geen groepe, duo’s of orkeste sal toegelaat word om in te skryf nie.
- Daar sal eers ‘n top-26 aangekondig word op Donderdag 12 Mei 2022. Hierdie top-26 semi-finaliste sal dan ‘n oudisie aflê deur op te tree by die Groot Jol-konsert wat sal plaasvind op Saterdag 21 Mei 2022 by Weiveld in Pretoria voor ‘n gehoor van sowat 6000-mense.
- By bogenoemde konsert sal die Kenners, Mentors, Grootbaas en ander kundiges semi-finaliste se vermoeë om voor ‘n gehoor op te tree evalueer en daarvolgens sal die top 8-finaliste vir die kompetisie gekeur word.
- Die kandidate moet beskikbaar wees vir opnames van die TV-produksie vanaf 12 Julie 2022 tot 15 Augustus 2022 (sewe dae per week, gedurende die dag, asook saans).
- Die top-2 finaliste moet vanaf 16 Augustus 2022 tot Sondag 13 November 2022 beskikbaar wees vir album-opnames, repetisies, ander video-insetsels vir die TV-program, asook uiteindelik vir die Afrikaans is Groot-konserte op 4, 5, 6, 10, 11, 12, en 13 November 2022.
- Die kandidate moet op die bogenoemde dae beskikbaar wees op verskeie plekke in Pretoria. Die spesifieke plekke sal deur die produksiespan bevestig word.
- Die top-2 finaliste moet ook beskikbaar wees vir ‘n beplande AiG-kustoer in die Suid-Kaap op 21, 22, 23, 30 en 31 Desember 2022. Meer info sal deurgegee word.
- Neem kennis dat daar uiteindelik slegs een wenner sal wees, maar dit is noodsaaklik dat beide semi-finalsite bogenoemde datums uithou.
- Datums mag dalk verander, maar die produksiemaatskappy sal probeer om so ver moontlik by die datums te bly.
- Die kandidate mag nie enige ander verpligtinge (werk, skool, familie, ens.) gedurende die bogenoemde tydperk hê nie.
- Kandidate wat in die verlede aan ander TV-talentkompetisies deelgeneem het, moet die vervaardigers hiervan in kennis stel indien hul die top-26 haal.
- Gedurende die produksie en uitsaai van Die Kontrak sal die deelnemers se sosialemedia-gedrag gemonitor en bestuur word. Dit moet voldoen aan Coleske Artists en eTV se sosiale media riglyne.
- Deur vir Die Kontrak in te skryf en tot en met die top-8 semi-finaliste aangekondig is, aanvaar deelnemers dat hulle oudisie-video’s eksklusief vir Coleske Artists bedoel is en vir geen ander platemaatskappy nie.
Gereelde vrae:
Is daar ’n ouderdomsbemerking op inskrywings?
Nee, enige persoon van enige ouderdom kan inskryf vir Die Kontrak.
As die opnames in Pretoria gebeur, gaan dit my nie baie duur uitwerk nie?
Nee, as jy een van die Mentors se keuses is en na Pretoria moet reis, sal Die Kontrak jou vervoer, verblyf en etes dek. Vir so lank as wat jy in Pretoria vir die opnames moet wees.
Moet ek vir my inskrywingsvideo met begeleiding sing?
Dit is jou keuse, jy kan met begeleiding of a capella sing, solank as wat jou stemopname direk op die video is en nie vooraf opgeneem is nie.
Wanneer begin Die Kontrak uitsaai en waar?
Die nuwe seisoen van Die Kontrak sal vanaf 21 Augustus elke Sondag op eTV uitsaai met herhalings op eExtra.
Kan en inskryf al het ek reeds ’n CD gemaak en tree op?
Solank as wat jy nie ’n kontrak met ’n platemaatskappy of ’n vaste agentskapsooreenkoms het nie sal jy kan deelneem.
Die tweede seisoen van Die Kontrak saai vanaf 21 Augustus 2022 op eTV uit met herhalings op eExtra. Gesels gerus saam op sosiale media met die hutsmerk #DieKontrak2.