Die Kontrak 2: En #demisekeuse is…

FOTO’S: Instagram

Ná maande se soektog is die eerste twee deelnemers vir die nuwe seisoen van Coleske Artists se gewilde werklikheidsreeks, Die Kontrak, onlangs aangekondig!

Anrich Gericke, oftewel Legkaart, en Kayla Borman het vir hulself ’n plek in die top-26 losgesing met hul weergawe van Demi Lee Moore se Maak my jou tequila

Kyk hier na Kayla se inskrywing:

Só klink Legkaart se inskrywing: 

Deelnemers wat ingeskryf het vir #DemiSeKeuse moes ’n video van hulself op sosiale media deel waar hul Demi Lee se liedjie Maak my jou tequila sing. 

Amptelike inskrywings vir Die Kontrak open eersdaags. Hou gerus Die Kontrak se sosiale media blaaie dop vir meer besonderhede. 

  • Gesels saam op sosiale media met die hutsmerk #DieKontrak2.