Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Resensies

Leah: Kyk Na My

Leoné Prinsloo30 Augustus 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

INHOUD HUIS MUSIEK (2019)

80%
80%

Leah se tweede album, Kyk Na My, wat met ’n meer volwasse klank spog, beloof om ’n eerlike perspektief op haar menswees en lewensuitkyk te bied sonder om haar prettige sy heeltemal prys te gee. Dit volg op haar debuutalbum, Wonderwerk, en die deluxe-weergawe daarvan wat goue verkoopstatus bereik het, asook vir haar ’n Ghoema- en Huisgenoot Tempo-toekenning vir Nuweling Van die Jaar besorg het. Hierdie voormalige aanbieder van kykNET se realiteitsprogram, Boer Soek ’n Vrou, is ook ’n uitmuntende aktrise wat vir haar rolle in die films, As Jy Sing, Susters en Die Sneeukoningin 2, asook die jeugdramareeks, Sterlopers 2, bekendheid verwerf het.

Die klassieke album omslag ontwerp deur Hendri van Skoll Photography & Design, waarop Leah met deernisvolle oë voor haar uitstaar, sinspeel op die albumtitel om byvoorbaat aandag te vestig op dit wat haar na aan die hart lê. Johan Vorster van Inhoud Huis Musiek was die uitvoerende vervaardiger aan die stuur van hierdie album met Robin Kielly, Murray Lubbe en Jake Odendaal wat die programmering, verwerkings en finale meng behartig het. Dit bestaan uit nege oorspronklike snitte wat deur gesoute liedjieskrywers soos Johan Vorster, Christoph “Appel” Kotzé, Karen Zoid, Hugo Ludik, Vaughan Gardiner, Adriana, Jannes Erasmus en Leah self neergepen is.

Die eerste enkelsnit, Ek Mag Jou Mis, is ’n sielvolle ballade wat die hartverskeurende verhaal van verbode en/of onbeantwoorde liefde vanuit ’n positiewe, hoopvolle perspektief vertel. Die tweede enkelsnit en titelsnit, Kyk Na My, moedig luisteraars aan om elke dag op te staan en te glo dat hulle goed genoeg is, ongeag die omstandighede waardeur hul gaan. Die derde enkelsnit, Ek Noem Jou Myne, is ’n opgewekte snit met verwysing na die bekende gesegde, “Cross My Heart and hope to die”, wat twee mense dikwels sê wanneer hulle ’n belofte teenoor mekaar aflê.

Die vierde enkelsnit, Girls Night, is ’n goedvoel-snit oor elke vrou se begeerte om soms net vir een aand saam met haar vriendinne vanuit haar daaglikse roetine weg te breek. ’n Engelse weergawe van hierdie treffer oor die essensie van vrouwees en ma-wees binne ons moderne samelewing sluit dié album op ’n hoogtepunt af.

Leah se album bevat ook haar en Jo Black se aangrypende duet, Nooit Alleen, temalied van die lokettreffer, Susters, waarin sy die karakter van Leksie vertolk het. Selfie Song, haar tong-in-die-kies duet saam met Kurt Darren en Snotkop waarmee hulle dansvloere regoor die land aan die brand gehad het, maak verder deel uit van dié album. Ander potensiële treffers sluit in Toe Ek Joune Was en Dromer.

Hierdie album, bestaande uit sentraal-onderliggende temas soos liefde, verhoudings, drome en eensaamheid, dien as onteenseglike bewys van persoonlike groei wat Leah die afgelope ruk ondergaan het. Hoewel dit grotendeels op haar debuutalbum se beproefde suksesresep voortbou, bring dit ’n nuutgevonde kwesbaarheid na vore wat haar aanhangers ongetwyfeld gaan laat regop sit. Kyk Na My, met sy gesonde balans tussen danstreffers en liefdesballades, stel hierdie sprankelende blondekop in staat om haar huidige plek binne die Afrikaanse musiekbedryf selfs nog verder te verstewig.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Abel Knobel: Refleksies
95
Bernice West: Net Geleen

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.