Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Resensies

Kaleidoskoop: Gunsteling Seisoen

Leoné Prinsloo10 Augustus 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link
100%
100%

Kaleidoskoop se nuutste album, Gunsteling Seisoen, wat met ’n Ghoema-toekenning vir Beste Album deur ’n Groep of Duo bekroon is, dien as getuigskrif van hierdie talentvolle akoestiese musiekgroep se voorliefde vir interessante instrumente, speelse ritmes, magiese melodieë en weldeurdagte lirieke.

Dit volg kort op die sukses van hulle vorige twee oorspronklike albums, Platsak en Vars Uitgekerf, asook hulle Acoustic Covers CD en DVD-pakket, met hul unieke verwerkings van bekende treffers. Hulle vorm saam met Joshua Na Die Reën, Liani Reynolds, Len Muller, Lizandra Winter en Leon Gropp ook deel van Musiek Soos Grond, waar hul tydens betowerende musiekkonserte die verhoog deel, saam musiek maak en mekaar begelei.

Die album omslag deur Ewaldt Verster is in rooi, blou, groen en bruin beskikbaar, waardeur die vier seisoene, naamlik Somer, Winter, Lente en Herfs onderskeidelik uitgebeeld word. Dié kunssinnige omslag ontwerp wat stukkie vir stukkie met hart en hand aanmekaar getimmer is, bevat gedetaïlleerde illustrasies van Kaleidoskoop se Jouba en Anique Jordaan in aksie, sowel as verskeie sleutelelemente in hulle musiek deur Lanka Cronje, oftewel Khanja. Hierdie album bestaan uit elf oorspronklike Afrikaanse snitte, wat deur Jouba, Anique en Christiaan Baartman geskryf is, asook twee Engelse verwerkings van The Call vanuit The Chronicles of Narnia: Prince Caspian se klankblaan en Emmy the Great se enkelsnit, Gabriel.

Die titelsnit, Gunsteling Seisoen, is ’n goedvoel-snit wat handel oor hoe iemand met behulp van ’n konstante soos goeie vriendskappe, hegte familiebande en/of verhouding met die Here enige seisoen in sy/haar lewe kan aandurf. Die eerste enkelsnit, Wegbreek, wat met ’n opgewekte folk-popaanslag spog, handel oor elke mens se neiging om soms uit die stad of dorp weg te breek met die doel om êrens weer perspektief, eenvoud en vrede te gaan vind. Die tweede enkelsnit, Die Goeie, handel oor vergifnis, versoening en transformasie van jou hart deur jou gedagtes te vernuwe sodat jy die mooi in alles en almal rondom jou kan raaksien.

Die derde enkelsnit, Vlugvoetig, is ’n ritmiese snit in ’n Folk-Swing-styl wat handel oor hoe ’n meisie onwillekeurig in ’n jongman se kop kom ronddans en beloof om luisteraars se voete behoorlik te laat jeuk. Die vierde enkelsnit, Fakkels, handel oor hoe ’n mens jou letterlike en figuurlike vrees vir die donker kan oorkom deur aan die lig vas te hou sodat die donker nie in staat is om jou, as moontlike ligdraer, te verlam nie. Ander potensiële treffers sluit in Jy Langs My, Somerreën, Erfgenaam, Soms Wonder Jy, Mooiste Tyd en Dromer.

Met Gerhard Roux as die uitvoerende vervaardiger aan die stuur van hierdie album, was Ben Ludik vir die opnames, vervaardiging en finale meng verantwoordelik, terwyl Gideon Botes die vervaardiging en Jattie de Beer die verwerkings van enkele snitte behartig het. Kaleidoskoop se kenmerkende klank word deur Anique en Matthys Maree op klavier, Jouba, Ben en Gideon op akoestiese kitaar, Schalk van der Merwe en Shuan Johannes op baskitaar, Henry Steel, Ben en Gideon op elektriese kitaar, asook Hugo Brand op tromme, bewerkstellig. Dit word verder ingekleur deur Anique en Ben op trekklavier, Dave Ferguson op mondfluitjie, Jouba en Ben op ukulele, Gideon op mandolien en banjo, Shuan en Shane Cooper op kontrabas, Claire de Kock op saksefone, asook Carel Henn, Lizelle le Roux en Evert van Niekerk op strykers.

Kaleidoskoop keer met Gunsteling Seisoen opnuut terug na hulle diepgewortelde akoestiese aanslag, waarvoor hulle oor die jare bekendheid verwerf het, deur weg te beweeg vanaf die ligte, elektroniese klanke waarmee daar op hul vorige oorspronklike album geëksperimenteer is. Hoewel dié album oudergewoonte hulle positiewe en kleurvolle uitkyk op die lewe, liefde en menswees weerspieël, volg dit ’n meer realistiese benadering deur nie hartseer en moeilike tye heeltemal uit die oog te verloor nie. Met hulle oë gerig op Jesus, as hul Ligbron, slaag dié inspirerende sang-duo egter daarin om deur die integriteit van hulle onopgesmukte musiek en Skrif-gefundeerde lirieke vir hul luisteraars ook die pad na hierdie Ligbron oop te sluit.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.