Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Resensies

André Schwartz: Die Pad

Leoné Prinsloo19 Julie 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

UNIVERSAL MUSIEK (2019)

100%
100%

André Schwartz se 15de solo-album, Die Pad, waarop moderne klanke met elemente van sy vorige werk gekombineer word, bied ’n vreugdevolle en nostalgiese reis deur hierdie geliefde superster se lewe en loopbaan.

André Schwartz se 15de solo-album, Die Pad, waarop moderne klanke met elemente van sy vorige werk gekombineer word, bied ’n vreugdevolle en nostalgiese reis deur hierdie geliefde superster se lewe en loopbaan. Dit volg op 14 solo-albums, waarvan byna almal goue status bereik het, asook sy hoofrolvertolkings in verskeie musiekblyspele soos The Phantom of the Opera en Pirates of Penzance, waarvoor hy bekendheid verwerf het. Dié bekroonde sanger, musikant, teaterster, liedjieskrywer, verhoogkunstenaar, akteur en televisie-aanbieder, wat in 2019 ’n Ghoema-toekenning vir sy lewenslange bydrae tot Suid-Afrikaanse musiek ontvang het, is ook ’n besigheidsman van formaat en trotse eienaar van sy eie bemarkingsmaatskappy.

Die uitvoerende vervaardiger van hierdie album was Leo G. Smit, terwyl die onderskeie snitte se produksie en meng deur Christie Schutte, Murray Lubbe, Tertius Jacobs, Stephan van Huyssteen, Joe Foster, Jake Odendaal, Paul McIver en Ziggy behartig is. Dit bestaan uit 10 oorspronklike snitte deur Joe Foster, Roux Cloete, Stephan van Huyssteen, Christa Steyn, Herman Kleynhans, Hanmarie de Wet, Danelle de Vries en Magiel Andries Roets, asook 4 verwerkings van bestaande gunstelinge wat as bonussnitte ingesluit is.

Die titelsnit, Die Pad, vertel hoe hoop en geloof mense dra langs hul lewenspaaie, vol kronkels en draaie, wat ook baie simbolies is van hierdie nuwe hoofstuk op André se lewenspad. Die eerste enkelsnit, Tweede Kans, beklemtoon die onskatbare waarde van tweede kanse in die lewe vir albei partye, waardeur André se terugkeer na verhoogoptredes ook vir sy aanhangers gesimboliseer word. Die derde enkelsnit, Ek Sal Wag, handel oor ’n onwrikbare geloof in die liefde, waarvolgens ’n mens oor die geduld moet beskik om te wag vir dit wat werklik reg voel.

I Dare To Dream, André se inspirerende duet saam met die internasionaal erkende Suid-Afrikaanse sangeres, Yvonne Chaka Chaka, sorg vir ’n ongeëwenaarde vokale kragtoer. Negentien September, die temalied vir wyle P.G. du Plessis se gelyknamige rolprent, wat deur wyle Christa Steyn gekomponeer is, beloof om luisteraars na hulle sneesdoekies te laat gryp. Ander potensiële treffers sluit in Trap In My Spore, Perfek vir My en Ek Kom Huistoe.

’n Moderne verwerking van sy treffer, Lief Vir Alles Hier, vanaf sy gelyknamige debuutalbum in 1991, asook ’n medley van Ek Wil Jou Nooit Weer Sien en Met Jou In My Lewe, voltooi die sirkel van André se musiekloopbaan. Dié album word met sy indrukwekkende weergawes van Lionel Ritchie se treffer, Hello, en Billy Joel se treffer, Piano Man, op ’n hoogtepunt afgesluit.

Met hierdie album slaag André nie slegs daarin om die volwasse kontemporêre genre ten volle te bemeester nie, maar ook om opnuut te bewys waarom sy musiek ná soveel dekades steeds relevant is. Sy samewerking met ’n jonger generasie en sy bereidwilligheid om by hulle te leer, verseker dat sy uitsonderlike talent, kreatiwiteit en veelsydigheid, asook fenomenale opera-stem aan ’n groter gehoor ten toongestel kan word. Die Pad met sy universele temas, kragtige vertolkings, beeldskone melodieë en positiewe lirieke sal beslis aanklank vind by enigeen wat al verskeie kere langs sy/haar lewenspad geval het en weer moes opstaan.

 

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.