Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Resensies»Loki Rothman: Op my pad
Resensies

Loki Rothman: Op my pad

Fanie Nel15 April 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Coleske Artists (2020)

[yasr_overall_rating]

Loki Rothman se debuutalbum, Op My Pad, wat onlangs uitgereik is, beloof om verhoudings en gepaardgaande gevoelens onder die soeklig te plaas. Hierdie kitaarvirtuose en gesoute liedjieskrywer se album, wat uit verskeie pop-klanke en sielvolle ballades bestaan, is deur sy persoonlike ervarings geïnspireer. Dit volg op verskeie geleenthede waar hy groot verhoë met bekende kunstenaars soos Laurika Rauch, Riana Nel, Francois van Coke, Die Heuwels Fantasties en vele meer gedeel het.

Die eenvoudige, dog kragtige, album omslag met skakerings van pienk dien as ’n uitnodiging vir luisteraars om saam met hom langs sy lewenspad te stap. Sy fyn aanvoeling vir musiek en uitstekende vervaardigingsvermoë, wat deurlopend op hierdie album gehoor kan word, is deur Juan “Floors” Oosthuizen, Paulo Azevedo en Arnold Coleske se waardevolle insae aangevul. Hy het oudergewoonte óók sy briljante kitaarvernuf ingespan, soos blyk uit sy kenmerkende kitaardrukke, wat gereeld op van dié snitte gehoor kan word.

Die titelsnit en openingslied van hierdie album, Op My Pad, bied ’n opsomming van Loki se pad met die ontwikkeling van sy debuutalbum oor die afgelope drie jaar. Die eerste enkelsnit vanaf dié album, Storie, word vertel vanuit die oogpunt van iemand wat onseker is oor die persoon met wie hy/sy in ’n verhouding is waarna hy/sy die voor- en nadele daarvan teen mekaar opweeg. Ander potensiële treffers sluit in Wie Kan My Blameer, asook Ons Op Ons Eie, die temalied van die lokettreffer, Jou Romeo. Nóg ’n snit, wat ongetwyfeld spesiale vermelding verdien, is sy treffende verwerking van Laurika Rauch se lied, Murg en Been.

Op My Pad bestaan uit tien Afrikaanse snitte, waarvan presies die helfte duette saam met sy kunstenaarsvriende is. Nog Een saam met Die Heuwels Fantasties beskryf hoe die skrywer tevergeefs probeer om alle herinneringe aan sy geliefde uit te wis. Dronkverdriet saam met Francois van Coke is opgedra aan die bekroonde filmmaker en Loki se beste vriend, Etienne Fourie, wat onlangs sy pa aan die dood moes afstaan. Fitzroy Straat saam met Laurika Rauch vertel van sy grootwordjare as kind by hulle huis in Fitzroystraat in Goodwood, Kaapstad, wat deur sy oorlede oupa se wyse woorde geïnspireer is. Sit Vas Op Jou saam met Riana Nel is twee geliefdes se openhartige verklaring dat hulle stadig, maar seker besig is om vir mekaar te val. Ek Mis Jou Ook saam met Loki se ewe talentvolle suster, Margot Rothman, is nie slegs ’n aangrypende liefdesballade nie, maar ook ’n vokale kragtoer wat jou beslis nog sal bybly, lank nadat die laaste note reeds weggesterf het. 

Hierdie eerlike album, bestaande uit oorspronklike musiek wat ’n mens oor verhoudings sal laat nadink, dien as die perfekte vertoonvester vir Loki se uitsonderlike musikale talent. Hoewel sy musiek plek-plek aan die akoestiese aanslag van Douvoordag herinner, verteenwoordig sy debuutalbum tog ’n eiesoortige genre wat in almal se smaak sal val. Op My Pad met sy introspektiewe lirieke en sterk melodieë sal beslis aanklank vind by diegene, wat al ooit ’n paar belangrike vrae oor die verhoudings in hul lewens moes vra.

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.