FOTO: Verskaf
Die immergewilde Juanita du Plessis skop 2020 op ’n hoë noot af met haar sestiende studio-album, Dis Tyd.
Dié album is Juanita se jongste in meer as vyf jaar sedert haar laaste komersiële album, Toe staan die wêreld stil, wat in 2015 dubbel-platinum status bereik het.
Dis Tyd is ’n spanpoging tussen Juanita en haar ewe talentvolle dogter Franja du Plessis van die dinamiese JRecords-span.
LEES OOK: Juanita du Plessis maak dinge nóg warmer met nuwe somertreffer
“Dis tyd vir ’n nuwe seisoen en ek is baie opgewonde oor die nuwe hoofstuk,” het Juanita gesê.
Die album bestaan uit 15 snitte insluitende twee duette – Stem in die stilte met Theuns Jordaan en Ruk die dam saam met Snotkop.
Juanita se nuwe album is nou beskikbaar by alle goeie musiekhandelaars en aanlyn op digitale musiekplatforms.
KYK VIDEO: Juanita du Plessis – Maak dit los
Luister die album hier op Apple Music: