Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Fatman en Bibi bring ’n stortvloed van lag met ‘Papreën’!

Redaksiespan31 Januarie 2025
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Van die lepel na die mond, val die pap op die grond. Maar in Fatman en Bibi se geval… “reën dit pap”!

Die dinamiese duo Fatman en Bibi het die musiekbedryf verras met hul komiese duet, “Papreën.” Dié liedjie vertel die storie van ouers wat smag na ’n welverdiende wegbreek, al is hulle platsak. Soos te verwagte, loop dinge nie volgens plan nie, en die reis is gevul met humoristiese kinkels.

“Hulle wil net wegbreek, en hulle glo hulle verdien dit,” verduidelik Bibi. Haar en Fatman se paaie het by ’n optrede in Phalaborwa gekruis, en sy het dadelik geweet dat hulle iets saam moes doen. Fatman voeg by dat dit natuurlik gehelp het dat hulle albei by dieselfde platemaatskappy is.

Die vrystellingsdatum van “Papreën” is ook strategies gekies. “Ons het gedink om iets in Februarie, die maand van liefde, te doen. Maar toe kom ons op die papreën-konsep en besef dat ouers juis in Januarie, wanneer die kinders terug skool toe is, ’n breek nodig het,” verduidelik Bibi verder.

Saam met die liedjie is ’n skreeusnaakse musiekvideo uitgereik, met tonele verfilm by Ubunye Game Lodge net buite Pretoria. In die video word die kinders by ouma en oupa afgelaai sodat ma en pa hul welverdiende rus kan geniet. Maar, soos altyd, is niks so eenvoudig soos dit lyk nie, en humoristiese situasies sorg vir heerlike vermaak.

Kyk die musiekvideo hier:

Fatman het veral bekendheid verwerf deur sy deelname aan The Voice Suid-Afrika, en sy treffers soos “Boom Baby,” “Dorp Toe,” en “Vuil Coke” het hom ’n huishoudelike naam gemaak.

Bibi is bekend vir haar geliefde karakter, Tannie Martha, wat gereeld by Afrikaans is Groot te sien was. Einde 2023 het sy haar enkelsnit “Daai Girl” vrygestel, wat in 2024 benoem is vir ’n Aitsa-toekenning.

Met “Papreën” bewys Fatman en Bibi weereens dat musiek nie net oor melodie gaan nie, maar ook oor stories en humor. Hierdie liedjie is ’n moet-luister vir enige ouer wat al ooit gevoel het dat hulle ’n blaaskans nodig het!

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Dirk van der Westhuizen laat die harte klop met nuwe enkelsnit
Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’
Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’
Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Dirk van der Westhuizen laat die harte klop met nuwe enkelsnit

5 September 2026

Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’

4 September 2026

Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’

4 September 2026

Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer

4 September 2026

Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

28 Augustus 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.