Juanita du Plessis maak dinge nóg warmer met nuwe somertreffer

FOTO: Verskaf

Juanita du Plessis is terug en sy is hier om 2019 op ’n hoë noot af te sluit.

Maak dit los! is die eerste, splinternuwe enkelsnit vanaf haar nuwe album wat vroeg in 2020 sy opwagting maak.

Hierdie snit is oorspronklik geskryf deur die talentvolle JRecords-span wat bestaan uit Juanita en Franja du Plessis.

Na vyfjaar, en ’n uiters suksesvolle dubbel-platinum album Toe staan die wêreld stil is Juanita reg om weer ’n oorspronklike solo-album vry te stel. “Dit is tyd vir vir ’n nuwe seisoen en ek is reg vir ’n nuwe hoofstuk in my lewe,” het Juanita gesê.

Luister hier na ’n voorskou:

Maak dit los! is die eerste enkelsnit van hierdie langverwagte album, en blyk om ongetwyfeld die amptelike somertreffer vir 2019 te wees. Die musiekvideo is eksklusief op kykNET NOU (DStv-kanaal 146) se Kraakvars-program uitgesaai. 

Die musiekvideo word Donderdag, 12 Desember om 19:00 op YouTube bekendgestel. Hou dié spasie dop: