Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Resensies»Chereé: Wilde Waters
Resensies

Chereé: Wilde Waters

Leoné Prinsloo12 Januarie 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Universal Musiek (2019)

[yasr_overall_rating]

Suid-Afrika se goue country-ster, Chereé, keer na byna tien jaar terug met haar lang verwagte album, Wilde Waters, wat beloof om luisteraars se harte opnuut te raak. Dit volg op die sukses van haar self-getitelde debuutalbum, wat sy op 19-jarige ouderdom reeds uitgereik het, asook haar ander albums, Smile, Mamma, Country Girl en In My Drome. Hierdie dinamiese sangeres het oor die afgelope drie dekades die voorreg gehad om die verhoog met verskeie groot name soos Cariké Keuzenkamp, Toni Wille en Albert Hammond te kon deel. 

Die sensuele, dog klassieke album omslag, maak van pastelkleure soos pienk en ligblou teen ’n donker agtergrond gebruik om sodoende ’n sterk kontras tussen die ernstige en tong-in-die-kies snitte aan te dui. Hierdie album, wat ’n goeie balans tussen oorspronklike Afrikaanse en Engelse musiek bied, is deur Hugo Ludik en Vaughan Gardiner van Muse Productions, asook Andrew Roos van Brak Musiek vervaardig. Die moderne country-pop klank word bewerkstellig deur Vaughan Gardiner op klavier, Andrew Roos op klawerbord, Raymond Green en Johan Rautenbach op kitaar, Hugo Ludik en Andrew Roos op baskitaar, Bruce Wallace en Vinnie Henrico op dromme, asook Juan Oosthuizen op dobro en Lizanne Dippenaar op viool. 

Buiten Chereé, wat self een Afrikaanse en drie Engelse snitte neergepen het, spog dié album met verskeie gesogte liedjieskrywers, soos Vaughan en Nerine Gardiner, asook Hugo Ludik, Rudi Claase, Roux Cloete, Tony Ridgway, Michael Lindt en Wouter van de Venter. F.J. Glober en P.J. Blomerus verdien egter spesiale vermelding vir Gypsies van die Kaap, hulle roerende huldeblyk aan Chereé se geliefde Kaap, waarvan hulle onderskeidelik die lirieke geskryf en die melodie gekomponeer het. 

Die titelsnit, Wilde Waters, wat ’n terugblik bied op die mooi herinneringe tussen twee mense met die hoop dat dinge sal uitwerk, handel oor hulle daaglikse worsteling om geluk binne hul verhouding te kan vind. Die eerste enkelsnit vanaf dié album, Praat, wat deur ’n persoonlike gebeurtenis geïnspireer is, herinner luisteraars aan die belangrikheid van kommunikasie met mekaar op ’n emosionele vlak binne enige verhouding. 

Chereé se aanhangers word bederf met Hierdie Hart van My, ’n duet saam met haar man, Wynand Strydom, wat volg op dié gewilde country-paar se suksesvolle duet-albums, Dit Is Ons Lewe en So Onthou Ons Ons Gunsteling Duette. Ander potensiële treffers sluit in Hierdie Is My Huis, Uit Die Blou, Jy is Vrou, Les In Die Liefde, Live And Let Live en Little White Lies. Hierdie album word egter op ’n hoogtepunt afgesluit met haar smeulende weergawe van die Amerikaanse country musiekgroep, Little Big Town, se treffer, Girl Crush. 

Chereé se nuutgevonde volwassewording van vrouwees en moederskap in haar persoonlike lewe is ook opmerklik in die uiteenlopende verskeidenheid snitte wat op dié album gehoor kan word. Alhoewel dit hoofsaaklik deur ’n country-aanslag gekenmerk word, bevat dit ook meer kommersiële popsnitte om sodoende iets vir elke oor en smaak te kan verseker. Wilde Waters, met sy romantiese en sensitiewe kwaliteite, dien as onteenseglike bewys van die ongelooflike groei wat dié veelsydige kunstenaar oor die afgelope dertig jaar getoon het.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.