Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Resensies»Louis Geldenhuys: Harte in die lug
Resensies

Louis Geldenhuys: Harte in die lug

Leoné Prinsloo4 November 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Louis Geldenhuys (2019)

[yasr_overall_rating]

Louis Geldenhuys se onafhanklike debuutalbum, Harte in die lug, wat onlangs uitgereik is, beloof om nuwe lewe in die Suid-Afrikaanse country-pop genre te blaas. Dit volg op verskeie optredes by feeste soos die KKNK en kykNET Buite Ekspo gedurende 2018 waar sy musiek telkemale baie goed deur die publiek ontvang is. Hierdie talentvolle musikant het ook reeds in Mosselbaai die geleentheid gehad om die verhoog met Manie Jackson, Rudi Claase, Pieter Koen, Nádine en Monique Steyn te kon deel. 

Die informele album omslag ontwerp, wat deur ’n stylvolle kombinasie van koue kleure soos turkoois en wit asook warm kleure soos oranje en ligbruin gekenmerk word, skep ’n speelse atmosfeer vir die melodieuse musiek wat luisteraars daarop te wagte kan wees. Hierdie album spog met verskeie bekende musikante soos Werner Beukes, Dennis East en Mike Pilot, waarvan die eersgenoemde twee ook die musiek se programmering behartig het. 

Dit bestaan uit tien oorspronklike Afrikaanse snitte en een vertaalde snit wat wissel tussen opgewekte dansmusiek en dieper liefdesballades asook gospelliedjies. Elke snit is spesiaal deur bekende liedjieskrywers soos Dennis East, Warren Grey Elliot, Rudi Claase en Pierre Rossouw geskryf om aan Louis se liefde vir sy gesin asook sy verlange na die verhoog en musiekbedryf reg te kan laat geskied. 

Harte in die lug, die titelsnit sowel as debuut-enkelsnit, vergelyk twee verliefdes met ballonne wat deur die wind aangedryf word tot waar hulle ’n paradys ontdek en hul liefde oorheers ten spyte van die winde wat hulle van hul drome probeer weerhou. Engel, die tweede enkelsnit vanaf hierdie album, handel oor ’n stormagtige verhouding wat gered word deur die skrywer se besluit om sy geliefde die voordeel van die twyfel te gee, selfs al voel hy nie noodwendig dat sy dit verdien nie. Vlamme handel oor die langafstandverhouding tussen ’n man en vrou deur hulle verlange na mekaar te vergelyk met ’n brandende vuur waarvan die vlamme hulle wedersydse liefde stoor totdat hul mekaar uiteindelik weer kan sien. 

Met die aangrypende snit, Sy is ’n vrou wat kan, gee Louis welverdiende erkenning aan sy vrou, Lindi wat in sy oë tot enigiets in staat is, vir haar enorme aandeel in sy lewe. Ander potensiële treffers sluit in Jy is my Lewe, My beloftes, Eenkeer en Gee my die kans. Dié album word heel gepas afgesluit deur ’n gospelliedjie vanuit Rudi Claase se pen, Laaste Liedjie, wat Louis opdra aan Sy Hemelse Vader waarsonder niks moontlik sou wees nie. 

Dié album slaag nie slegs daarin om Louis se gesofistikeerde stem en styl ten toon te stel nie, maar ook om ’n splinternuwe, opwindende hoofstuk in sy musiekloopbaan in te lui. Alhoewel dit grotendeels aan die lekkerluister-country-pop aanslag van kunstenaars soos Bles Bridges, BZN, Jim Reeves en Albert Hummond herinner, slaag dit egter nog steeds daarin om ’n verfrissende dimensie aan dié geliefde genre te kan verleen. Harte in die lug met sy opgewekte, meesleurende lekkerluisterwysies en vrolike liefdeslirieke sal beslis aanklank vind by enigeen wat al ooit liefde, hartseer en vergifnis eerstehands ervaar het. 

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.