Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Resensies»Rolene Strauss: Secrets to my growth
Resensies

Rolene Strauss: Secrets to my growth

Leoné Prinsloo16 September 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

RSS Records (2018)

[yasr_overall_rating]

Rolene Strauss, voormalige Mej. Suid-Afrika en Mej. Wêreld, se Gesproke Woord album, Secrets to my growth, bestaande uit verskeie lewenslesse en stories is die heel eerste van sy soort wat plaaslik uitgereik is. Dié dinamiese vrou is voorsitter van ’n nie-winsgewende organisasie, The Strauss Foundation, wat sy in 2016 saam met haar man, D’Neil, gestig het. Vir Rolene wat in 2017 as mediese dokter aan die Universiteit van die Vrystaat gegradueer het, was die volgende logiese stap RevitaHealth, ’n holistiese gesondheidsentrum, wat sy in 2018 saam met haar skoonsuster, Dokter Ledivia Strauss, geopen het.

Die oorheersend donker album omslag met ’n tikkie glans en swier beeld hierdie voormalige skoonheidskoningin van Volksrust uit as ’n stylvolle en sensuele dame met haar voete stewig op die aarde en haar hart geanker in haar geloof. Secrets to my growth wat deur Universal Musiek versprei word, is deur Johan Vorster, Jacomien de Villiërs, Danny Smoke, Jo Black, Jannes Erasmus, Daniël Rademeyer, Francois Lessing, Dr. Melissa van der Spuy en Tim Rankin van Inhoud Huis Musiek vervaardig. Dit bied aan Rolene die geleentheid om al haar geheime vir persoonlike en professionele groei in die vorm van verskeie metodes, konsepte, denkrigtings en mentors met die luisteraars te deel sodat hulle dit in spesifieke stadiums van hulle lewens kan interpreteer.

Hantering van lewensveranderinge en kritiek asook finansiële onafhanklikheid, produktiewe tydsbestuur en effektiewe gebruik van sosiale media sowel as positiewe selfkommunikasie, dankbaarheid, sukses, nalatenskap, fisiese voorkoms en huwelike is van die sentraal onderliggende temas wat op hierdie album aangespreek word. Pretty Hurts wat oorspronklik deur Sia Kate Isobelle Furler, Joshua “Ammo” Coleman en Beyoncé Knowles geskryf is asook deur laasgenoemde opgeneem is, word ingespan om die gesproke woord oor fisiese voorkoms en gewigsverlies baie doeltreffend te komplementeer. Die grootste verrassing op dié innoverende album is egter die snit, Words, waarop Jo Black met Rolene saamspan vir die gesproke woord oor die krag van woorde om ’n positiewe selfbeeld te kan kweek.

Rolene se lewensgeheime word verder geïllustreer deur aanhalings van Dwight Eisenhower, 34ste President van die Verenigde State van Amerika en Professor Jonathan Jansen, voormalige rektor van die Universiteit van die Vrystaat. Die geestelike fondasie wat as inspirasie gedien het vir hierdie uiters eerlike album blyk baie duidelik uit  die deurlopende intertekstuele verwysings na Bybelverse soos Fillepense 3:12, 1 Korintiërs 13:4-8a en Psalm 139:1-18, 23-24.

Hierdie suksesvolle ma, vrou, dokter, sakevrou en motiveringspreker slaag ongetwyfeld met haar inspirerende gesels-album daarin om haar siel te ontbloot soos nog nooit tevore nie en om nuwe aspekte van haarself met die publiek te deel. Alhoewel die konsep van Gesproke Woord as ’n genre nog effens ongewoon vir die Suid-Afrikaanse mark is, verseker Engelse opnames daarvan dat die lesse wat Rolene op haar album deel universeel is tot vroue van alle ouderdomme regoor die wêreld. Secrets to my growth met sy eerlike stories, praktiese voorbeelde, interessante staaltjies, motiverende lewenswyshede en geestelike waarhede sal beslis aanklank vind by enigeen wat al ooit verlore drome, mislukte projekte of rooigesig-oomblikke in hulle lewens beleef het.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.