Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Resensies

Burgerd Botha: Hartlagsiel

Leoné Prinsloo12 Augustus 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Burkhart Music (2018)

[yasr_overall_rating]

Burgerd Botha se lang verwagte debuut solo-album, Hartlagsiel, waarmee dié uitsonderlike musikant ’n opwindende, nuwe hoofstuk van sy loopbaan betree, beloof om luisteraars se asems behoorlik weg te slaan met verskeie klanke en style. Hierdie vrystelling is voorafgegaan deur die enkelsnitte, Hartlagsiel en As Jy Nog Twyfel wat albei bo-aan verskeie televisie- en radiostasies se trefferparades gepryk het. Dié voormalige tenoor van Romanz het saam met die ander drie lede van hierdie multi-platinum bekroonde groep in die koningshuis van Monaco opgetree asook die verhoog met verskeie internasionale sterre soos Katherine Jenkins en Jennifer Rush gedeel.

Die moderne, byderwetse album omslag ontwerp deur Christian Wolf Visuals word deur ’n kunstige vermenging van verskeie blou en grys skakerings gekenmerk. Hierdie onafhanklike album bestaan uit vyftien oorspronklike snitte waarvan Burgerd tien liedjies en Stephan van Huyssteen een liedjie geskryf het terwyl Reinette van Rensburg, Carlé van Deventer, Elben Schutte en Joshua Oosthuizen ook hand bygesit het.

Die titelsnit, Hartlagsiel is ’n nuutskepping vir die skrywer se geliefde wat met behulp van diep, deurdringende lirieke in dié popsnit met sy treffende akoesties-elektroniese aanslag beskryf word. Die kragtige ballade, As Jy Nog Twyfel is ’n aangrypende liefdesverklaring wat dien as ’n vertoonvenster vir Burgerd se vokale suiwerheid. Die Sterre wat deur eerlike lirieke en energieke melodielyne gekenmerk word, beskryf die fase in ’n verhouding waartydens jy wens dat jy die heelal kon laat stilstaan vir daardie persoon op wie jy besig is om verlief te raak.

Vat My Huistoe handel oor ’n persoon wat sy geliefde om verskoning vra nadat hy besef dat sy optrede haar in die spervuur geplaas het en haar daadwerklike versoening beloof om hulle liefde weer te laat blom. Deur Vuur Getemper moedig die luisteraars aan om altyd weer op te staan en nooit toe te laat dat negatiewe ervarings vanuit hulle verlede hul definieër nie, selfs al voel dit soms asof hulle alles in die lewe verloor het. Ander potensiële treffers sluit in Sonder Rame, Sy aan Sy, Suikerbossiesoene en Leef van Genade.

Help Me Love, Drivin’ en One Thing Right dien as ’n bewys dat hierdie veelsydige sanger, liedjieskrywer, komponis en uitvoerende kunstenaar ewe goed in Afrikaans sowel as Engels kan skep. Burgerd se vertolking van Vergeet My Nie saam met die koor, Akustika, sorg vir ’n eiesoortig treffende weergawe van Johan en Rencha Vorster asook Sean Else se lied wat oorspronklik deur Lianie May opgeneem is. Hierdie album word afgesluit deur ’n akoestiese snit in die vorm van ’n gebed, Waarvoor ek vra, wat hy opdra aan sy vriend en mede-oud-Romanz-lid, Adam Barnard, wie se moeder onlangs in ’n tragiese motorongeluk oorlede is.

Die elektroniese- en akoestiese-pop asook pop-rock en volwasse kontemporêre style sowel as die tikkie pop-jazz en swing op hierdie album word bewerkstellig deur ’n verskeidenheid instrumente, insluitende klavier, kitaar, tjello, tenoorsaksofoon, akoestiese kitaar, elektriese kitaar, baskitaar, dromme, EP en UDU. Buiten Burgerd self, is Mathys Maree, Vinnie Henrico, Denny Laloulette, Jacobus Schutte, Elben Schutte, Brendan Ross, Marie-Louise Diedericks, Joshua Oosthuizen en Hencas van Huyssteen die ander musikante wat op sy album gehoor kan word. Die produksie en verwerkings is behartig deur Christiaan Schutte van Startrax Studios, Elben Schutte van Songfarm Productions, Stephantasties van Phantastic Studios, Murray Lubbe van The Hit Factory en Joshua Oosthuizen van Oriison Productions.

Dié uiters persoonlike album wat uit Burgerd se seerkry gebore is, moedig luisteraars aan om die lewe elke dag opnuut aan te pak, ongeag van die feit dat dit soms moeilik is en alles nie altyd volgens plan verloop nie. Dit dien as ’n lewende bewys van hoe al God se beloftes in sy lewe uiteindelik bewaarheid is omdat hy aangehou het om Hom te vertrou sonder om ooit die wenstreep uit die oog te verloor. Hartlagsiel met sy unieke kombinasie van ligte akoestiese popmusiek, hartroerende ballades en interessante elektroniese klanke sal beslis aanklank vind by enigeen wat al ooit ’n traumatiese gebeurtenis in sy/haar lewe oorkom het.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.