Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Resensies»Samantha Leonard: ’n Duisend Keuses
Resensies

Samantha Leonard: ’n Duisend Keuses

Leoné Prinsloo11 Augustus 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Onafhanklik (2019)

[yasr_overall_rating]

Samantha Leonard se debuutalbum, ’n Duisend keuses wat vroeër vanjaar bekend gestel is, beloof om al die diepste geheime, versugtinge, verlange en ideale vanuit ’n vrou se hart aan die luisteraars te ontbloot. Dit volg kort op haar welverdiende sukses tydens die tweede seisoen van The Voice SA toe sy in 2017 uiteindelik die derde plek in hierdie realiteitsprogram behaal het. Dié veelsydige sangeres was egter ook in 2014 saam met die bekende liedjieskrywer, Arri Opperman, deel van die gewilde duetpaar, Glanz, wat destyds vir hulle album, In my oë, bekendheid verwerf het.

Die stylvolle album omslag deur KeyArt Services maak van lig- en donker blou asook lig- en donker grys gebruik wat deur wit en rooi afgewissel word in ’n poging om ’n sagte, sensuele, elegante en vroulike voorkoms te kan skep. Die vervaardiging, verwerkings, programmering en finale meng van hierdie onafhanklike album is deur die talentvolle Hugo Ludik en Vaughan Gardiner van Muse Studios behartig. Hulle het ook alle instrumente daarop bespeel behalwe vir die ekstra kitare wat deur Raymond Green beman is. Hierdie album bestaan uit twaalf oorspronklike snitte waarvan Samantha Leonard self sewe liedjies alleen geskryf het terwyl bekende liedjieskrywers, Vaughan en Nerine Gardiner asook Hugo Ludik vir die oorblywende snitte daarop verantwoordelik was.

Die titelsnit en eerste enkelsnit vanaf dié album, ’n Duisend keuses, handel oor die belangrike rol wat keuses in ’n mens se lewe speel asook die gevolge wat verkeerde keuses vir hom/haar kan inhou. Die tweede enkelsnit, Jou hart sal heel raak, bemoedig luisteraars wat skielik geliefdes aan die dood moes afstaan deur aan hulle te verduidelik dat die onbeskryfbare pyn wat hulle nou beleef van verbygaande aard is. Die derde enkelsnit, Vat ’n kans, is ’n moderne danstreffer waarin luisteraars aangemoedig word om die liefde altyd weer ’n kans te gee, selfs al het hulle ook in die verlede seergekry.

Die enigste Engelse snit op dié album, I will give it all up, waarin die skrywer vertel van al die opofferings wat sy bereid is om vir haar geliefde te maak, beloof om nog ’n groot radiotreffer te word. Ander potensiële treffers sluit in, Ek is nie almal nie, My laaste liefde, Golwe breek en Ek is nog seer. Dié album word op ’n hoogtepunt afgesluit wanneer Samantha se vokale suiwerheid deur ’n akoestiese weergawe van die titelsnit, ’n Duisend keuses, beklemtoon word.

Hierdie persoonlike album dien nie slegs as ’n vertoonvenster vir Samantha se veelsydigheid as kunstenaar nie, maar ook vir haar uitsonderlike skryftalent waarmee sy die luisteraars saam met haar deur haar lewe en loopbaan tot dusver op reis neem. Alhoewel haar stem plek-plek aan die ritmiese klanke van Irene-Louise van Wyk en sielvolle vertolkings van Charlize Berg onderskeidelik herinner, slaag sy met haar eerlike lirieke daarin om ’n splinternuwe nismark vir haarself oop te kerf. ’n Duisend keuses, met sy treffende kombinasie van lekkerluister dansmusiek, aangrypende liefdesballades, snykant-rock en spatsels techno, sal ongetwyfeld aanklank vind by enigeen wat al ooit die bittersoet gevoel van liefde eerstehands beleef het.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.