Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Resensies

Almero: Maandag

Leoné Prinsloo22 Julie 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Kanada Records (2019)

[yasr_overall_rating]

Die 21-jarige Almero Welgemoed het plaaslike gehore opnuut verstom met die onlangse uitreiking van sy lang verwagte debuutalbum, Maandag wat van ’n ongekende volwassenheid vir sy ouderdom spreek. Dit volg kort op Ses Voet Diep In Vergifnis, ’n duet met Bouwer Bosch van Straatligkinders-faam asook die jeugfilm, Nul Is Nie Niks Nie se gelyknamige temalied wat hulle saam geskryf en gesing het. Dié begaafde musikant, skrywer en digter was ook bevoorreg om by die Oppikoppi Musiekfees in 2017 saam met Bouwer te kon optree en ’n digbundel, Liefde Wen, saam met hom te kon uitgee.

Maandag waarvan die titel ’n nuwe begin sowel as onontginde potensiaal verteenwoordig, bied ’n liriese reis deur ’n tipiese dag in Almero se lewe vanaf Maandagoggend om vier voor middag tot Maandagaand om 11 na middag. Elkeen van die twaalf oorspronklike snitte daarop is deur sy eie lewensverhale sowel as dié van vriende en familie geïnspireer soos duidelik blyk uit die eerste en laaste snit wat aan Cobus en Wynand onderskeidelik opgedra is.

Die sentrale onderliggende temas oor verhoudings, geloof en die dood wat op dié eerlike album aangespreek word, vind deur middel van metafore gestalte in verskeie natuurverskynsels. Noag se ark in die Bybel word deur Almero en Reënwolf, oftewel Danie du Toit van Spoegwolf-faam, in hulle duet, Vloedverlief, ingespan as ’n metafoor vir die tydelike hawe waarin mense geneig is om teen die lewe se branders skuil.

Die kragballade, Monochromie, handel oor die skrywer se soeke na iemand wat aan hom ’n huis kan bied om in te rus deur sy wêreld te laat verkleur in kleure wat hy nooit eens geweet het, bestaan nie. Donnerse Lag wat met woede en frustrasie belaai is, bevat die skrywer se noodkrete om finansieël in die kunste-wêreld staande te kan bly sowel as sy bewuswording van ’n gepaardgaande gevoel van selfsug. Ander potensiële treffers sluit in Mosselbaai, Flikkerligritmes, Bedonnerd en Doolhof.

Die album omslag ontwerp waarop Almero met sy rug na die kamera staan en voor hom uitstaar, toon die verloop van ’n Maandag van waar die dag op die voorkant gebreek het tot waar die son reeds op die agterkant gesak het. Almero se broer, Nico Welgemoed het saam met Ruan Graaff, Danie du Toit, Peach van Pletzen en Bouwer Bosch die vervaardiging van dié album behartig terwyl Peach van Pletzen en Rogan Kelsey vir die finale meng en meester daarvan verantwoordelik was.

Maandag bied ’n interessante kombinasie van diepsinnige lirieke, moderne klanke en rymklets wat plek-plek ’n bietjie aan die akoestiese aanslag van die alternatiewe rockgroep, Spoegwolf sowel as Joshua Na Die Reën herinner. Alhoewel Almero met hierdie grensverskuiwende album daarin slaag om die koers van die Afrikaanse musiekbedryf behoorlik op sy kop te keer, is sy skerpsinnige digkuns dalk net nog ’n bietjie té ver gevorderd vir die gemiddelde luisteraar. Hierdie sensitiewe kunstenaar se musiek waarmee hy poog om die wêreld rondom hom te kan begryp, sal egter aanklank vind by die fynproewer wat na ’n oase teen die oorverdowende kommersiële gedruis smag.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.