Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»In Afrikaans»Hartenbos hou wéér konsert ‘in Afrikaans’!
In Afrikaans

Hartenbos hou wéér konsert ‘in Afrikaans’!

Redaksiespan30 Maart 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Ná nog ’n baie suksesvolle Desember van uitverkoopte In Afrikaans-konserte in Hartenbos gedurende 2018, kom dit as geen verrassing dat die eerste twee datums vir vanjaar se konsert reeds vasgemaak is nie.

Vakansiegangers wat ’n Kersvakansie op die Tuinroete beplan, kan vir die derde agtereenvolgende jaar uitsien na die beste musiek en vermaak op een verhoog, en kan nou reeds plekke bespreek om teleurstelling te voorkom!

“Die doel van die fees is om gesinne bymekaar te bring deur middel van musiek. Om mense se harte aan te raak en om hulle hoop te gee vir die nuwe jaar wat voorlê,” verduidelik besturende direkteur van In Afrikaans, Jacomien de Villiers.

“Omdat die eerste jaar se hoofkonsertaand baie gou uitverkoop het, het ons besluit om laas jaar twee konserte te hou. Vanjaar gaan ons dit weer doen. Ons kyk ook reeds daarna om nog datums voor Kersfees by te voeg.”

Kaartjies vir dié vertonings op 27 en 28 Desember 2019 by die ATKV Amfiteater Hartenbos is nou beskikbaar vir diegene wat vinnig spring en gebruik maak van die spesiale vroeëbesprekingsaanbod op www.itickets.co.za. Toegang vir kinders onder ses is gratis en daar is ’n verskeidenheid toegangsopsies vir volwassenes, wat wissel van R170 (algemene vroeëbesprekingsaanbod) tot R260 (gouesirkel). Hekke sal om 16:00 open en die konserte sal stiptelik om 19:30 begin.

Vanjaar se konsertreeks volg in die voetspore van twee suksesvolle voorgangers, wat beide deur meer as 30 000 feesgangers bygewoon is. Dit beloof weereens om iets te bied vir elke musieksmaak en -voorkeur, van langarm-dansmusiek tot meer ernstige akoestiese verwerkings. Van die land se grootste kunstenaars, waaronder Jo Black, Robbie Wessels, Spoegwolf, Karen Zoid, Early B, Refentse, Appel, Leah, Kurt Darren, Elandré, Francois van Coke, Jan Bloukaas, Danny Smoke en vele meer sal op die verhoog te sien wees en begelei word deur ’n lewendige orkes vol topklas musikante.

“Al die kunstenaars wat gaan optree is uitstekend in hulle eie reg en daar gaan ’n paar ongelooflike saamwerkpogings ook wees tussen die kunstenaars. Daar sal iets wees vir almal se smaak, van jonk tot oud,” sê Jacomien.

Buiten vir die musiek, sal daar ook verskeie kosstalletjies en ander uitstallers, ’n biertuin en vermaak vir die kinders wees, sodat niemand uitgelaat voel nie. Verder kan besoekers ook uitsien na ’n hele rits verrassings en aankondigings wat eksklusief vir hierdie geleentheid beplan word.

“Hierdie konsert is baie uniek. Dit is nie ’n musiek-ekstravaganza nie en, alhoewel daar ’n visuele komponent is, gaan dit oor die treffers wat die publiek wil hoor. Mense kom van regoor die land in Hartenbos bymekaar en geniet die verrigtinge in ’n vrolike vakansieluim. Dit is toeskouers wat nie altyd die groot konserte in die stede kan bywoon nie en daarom is dit ’n groot geleentheid en het dit ’n baie spesiale atmosfeer,” voeg sy by.

Die konsertreeks het begin as ’n droom deur Inhoud Huis Musiek se Johan Vorster, Jacomien de Villiers en die In Afrikaansspan om ’n hoë gehalte konsert te reël, wat soos die CMA’s gaan oor die sterkte van die lied en hoe dit mense aanraak, en het ontaard in ’n reuse sukses omdat dit die kultuur en harte van Afrikaners doeltreffend kon vasvang.

Die In Afrikaans Hartenbos-konsertreeks is vir elke plesierige feesganger, wat hou van goeie musiek in hulle moedertaal, asook ’n lekker kuier en is die perfekte manier om die jaar mee af te sluit. Meer inligting sal op sosiale media bekendgemaak word, soos beskikbaar.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hartenbos In Afrikaans’ so te sê uitverkoop!
Hartenbos in Afrikaans: ‘Die hart van Afrikaans’
Kersfees in Afrikaans: Kersliedere onder Hartenbos se sterre
SKREE in Afrikaans: ‘Vry, kwaai en vryerig’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.