Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»Afrikaans is Groot»Afrikaans is Groot vlieg soos die kraai na Mosselbaai
Afrikaans is Groot

Afrikaans is Groot vlieg soos die kraai na Mosselbaai

Redaksiespan15 Maart 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Vir die heel eerste keer ooit gaan die gesogte Afrikaans is Groot-konsert see toe en ondersteuners kan solank regmaak om deur die grootste kunstenaars, met hul grootste treffers, vermaak te word. Dié Afrikaans is Groot Somerfees word met trots deur JOOX in Desember op Mosselbaai aangebied en sal beslis die jaar op ’n hoogtepunt afsluit.

“Ons praat nou al vir vyf jaar daaroor om Afrikaans is Groot in ’n fees-formaat aan te bied en na ons lojale ondersteuners in die land te neem,” vertel Barry Pretorius, vervaardiger en regisseur van die Afrikaans is Groot-konserte.

“Mosselbaai was nog altyd in ons visier en ons skop daar af. Daarna gaan ons dié fees ook later in ander streke aanbied,” het hy gesê.

LEES OOK: Afrikaans is Groot hou konsert vir ’n agste keer

Musiekliefhebbers kan solank uitsien na Steve Hofmeyr, Theuns Jordaan, Demi Lee Moore, Bok Van Blerk, Snotkop, Riana Nel, Elvis Blue, Jay, Tarryn Lamb, Karlien van Jaarsveld, Ricus Nel, Dewald Wasserfall, Corlea, Ruhan du Toit én Bobby van Jaarsveld in ’n produksie wat nié misgeloop kan word nie.

Met die belofte dat hierdie kunstenaars hul grootste treffers gaan sing, sal onder meer Steve met sy Pampoen, Corlea met Swart Koffie, Bobby met sy liedjie Spieëltjie, Karlien met Jakkals Trou Met Wolf Se Vrou en Riana Nel met haar Timbuktu konsertgangers op die punte van hul stoele hou.

Die organiseerders het vertel dat hulle uitsien om met die inwoners van Mosselbaai en die omliggende omgewing hande te vat en die gemeenskap betrokke te maak by die JOOX Afrikaans is Groot Somerfees. Die plaaslike gemeenskap sal ook baat by die ekonomiese inspuiting.

Die JOOX Afrikaans is Groot Somerfees-konsert vind op 28 Desember by die Van Riebeeck Stadion plaas. Kaartjies kos R150 vir volwassenes, R75 vir kinders onder 12 en kinders onder 6 sal gratis toegang kry. Kaartjieverkope het reeds geopen en is slegs by Computicket, aanlyn of by Shoprite/Checkers en House & Home-winkels, beskikbaar. Die publiek word gewaarsku om waaksaam te wees teen derde partye wat kaartjies aanbied.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!
Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!
Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!
Die GrootJol toer die land plat in 2023!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.