Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Resensies»Joe Foster: Volgende Stap
Resensies

Joe Foster: Volgende Stap

Leoné Prinsloo4 Januarie 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Coleske Artists (2018)

[yasr_overall_rating]

Joe Foster se tweede solo-album album, Volgende Stap wat uit tien Afrikaanse sowel as drie Engelse snitte bestaan, is simbolies van die splinternuwe musikale seisoen wat hy nou in sy loopbaan betree. Dit volg drie jaar na die uitreiking van sy debuut solo-album, Hartklank met verskeie reuse treffers waarvoor hy ’n welverdiende Ghoema-toekenning vir Pop album van die jaar gewen het. Hierdie uiters begaafde kunstenaar het oorspronklik as liedjieskrywer en lid van die gewilde groep, ADAM bekendheid verwerf waarna hy in 2014 sy solo-loopbaan met die topverkoper film, Pad Na Jou Hart se temalied as ’n stewige fondasie afgeskop het.

Die elektro-pop aanslag van hierdie uiters persoonlike album wat op uiteenlopende plekke regoor Suid-Afrika opgeneem is, word deur Jake Odendaal en Ruan Graaff op elektriese kitaar asook deur Adam Howard op trompet bewerkstellig. Joe het nie slegs al dertien oorspronklike snitte op dié album self geskryf asook die meeste daarvan self vervaardig en gemeng nie, maar het boonop ook die omslag daarvoor self ontwerp. Die oorwegend donker ondertoon daarvan word met ligte skynsels van wynrooi en grys afgewissel as simbool van hoe sy donker gemoed plek maak vir die lig om deur te skyn sodat sy nuutgevonde vreugde sigbaar is.

Die titelsnit, Volgende Stap handel oor hoe twee mense daarin slaag om ten spyte van al die seerkry uit hulle verlede hul verhouding na die volgende vlak te kan neem. Look Away wat deur Fred den Hartog vervaardig en deur Dane Taylor gemeng is, vertel hoe iemand erken dat hy of sy nie meer braaf genoeg is om ’n masker te dra en sy of haar pyn vir die wêreld weg te steek nie. Vrede Maak, die eerste enkelsnit vanaf dié album is ’n ope versoek deur die skrywer aan sy geliefde oor hoe hy te werk moet gaan om haar vergifnis te verkry.

Die eksperimentele aard van die produksie op hierdie album wat plek-plek selfs na klubmusiek neig, bereik ’n hoogtepunt met die alternatiewe snit, As Die Mure Val waarop Joe sy kletsrym vaardighede inspan om groter geloofwaardigheid daaraan te kan verleen. Voel My Pols is Joe se duet met Johan C. Venter waarin hulle met hul Afrikaanse vertaling van Eli Lieb en Brandon Skeie se aangrypende treffer oor homoseksualiteit, Pulse ongetwyfeld vir ’n vokale kragtoer met ’n aanvoelbare teerheid sorg. Soos net ’n man kan wat hulle ook saam geskryf het, is ’n polsende danstreffer wat dié album op ’n hoogtepunt afsluit.

Dié uiters persoonlike album met sy vernuwende elektroniese klanke bied heelwat stof tot nadenke oor waarom andersheid eerder deur die mensdom aanvaar as verwerp behoort te word. Joe Foster slaag met behulp van die spreekwoordelike nuwe baadjie wat hy op dié album aantrek daarin om ’n splinternuwe mark vir homself oop te kerf sonder om sy reeds bestaande aanhangers heeltemal uit die oog te verloor. Volgende Stap met sy openhartige lirieke, ritmiese melodieë en onteenseglike eerlikheid sal beslis aanklank vind by diegene wat nie vir introspeksie oor die lewe, die liefde en verhoudings wegskram nie.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.