Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»Afrikaans is Groot»Afrikaans is Groot 2018: Alles wat jy moet weet!
Afrikaans is Groot

Afrikaans is Groot 2018: Alles wat jy moet weet!

Redaksiespan15 November 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Dis binnekort weer tyd vir die grootste Afrikaanse musiekgebeurtenis van die jaar, Afrikaans is Groot! Om jou ervaring so gerieflik as moontlik te maak, is hier so ’n paar punte:

Datums

23, 24, 25, 29, 30 November sowel as 1 en 2 Desember 2018.

Venue

Time Square se Sun Arena

Adres: Aramist-laan 209, Menlyn, Pretoria.

GPS: Klik hier vir ’n Google-kaart.

Kunstenaars

Juanita du Plessis, Steve Hofmeyr, Theuns Jordaan, Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Die Heuwels Fantasties, Touch of Class, Dewald Wasserfall, Riana Nel, Corlea, Jay, Elvis Blue, Refentse, Snotkop, Ricus Nel, Jo Black, Tarryn Lamb, Dirk van der Westhuizen en die wenner van Die Kontrak.

LEES OOK:

Dirk van der Westhuizen dié jaar op Afrikaans is Groot

Die Kontrak: Ivan Roux vs. Demi-Lee Moore

Verkeer

  • Meer as 8 000 mense per konsert word verwag, daarom word jy aangeraai om vroeg reeds by die Sun Arena te wees en sodoende te verseker jy is betyds vir die begin van die konsert.
  • Die Tshwane Verkeersdepartement help ook om verkeersvloei te reguleer. Volg asb. hierdie roetes en gee gehoor aan die verkeersbeamptes.

Parkering

Parkering is beskikbaar by:

  •        Time Square Casino & Arena (R10)
  •        Menlyn Maine Central Square (per uur)
  •        Glen High School Sportgronde (R20)
  •        Menlyn Park Winkelsentrum (per uur)
  • MVG-kaarthouers parkeer gratis by Time Square Casino en kan slegs by Corobay-laan se ingang gratis toegang verkry.
  • Ingang tot parkade vanuit Aramist- en Corobay-laan.

Eet- en drinkgoed

Daar is verskeie restaurante by die Time Square Casino om van te kies:

  •        Etas (Spaanse tapas) 012 003 6176
  •        Guy Fieri’s Kitchen and Bar * (Amerikaanse burgers) 012 003 6175
  •        J’Something’s Cooking (verskeidenheid) 012 003 6156
  •        Bar Time * 012 003 6190
  •        The Globe Bar * 012 003 6191
  •        Tatso (buffet) 012 003 6151
  •        Ash’oka (Indies) 012 003 6184
  •        Shun-de (Sjinees) 012 003 6182
  •        Forti Bar and Grill (Italiaans) 012 003 6180
  •        The Brew Monkey * (Craft bier) 012 003 6164
  •        Megusto (koffiewinkel) 012 003 6155
  •        Kung Fu Cowboy * (verskeidenheid) 012 003 4041
  •        Altitude (sjampanje tuin) 012 003 6185

* GEEN PERSONE ONDER 18 TOEGELAAT

  • Besprekings noodsaaklik
  • Daar is ook kosstalletjies in die Sun Arena. Geen drank word aan persone jonger as 18 jaar verkoop nie. Kredietkaart- en kontantbetalings word aanvaar. Laai gerus die “Zapper” app op jou foon af om maklik en vinnig te betaal.
  • Verskeie restaurante is ook by Menlyn Maine en Menlyn Park beskikbaar.

AiG Geskenke, CD’s en DVD’s

  • Verskeie titels (CD’s en DVD’s) van die kunstenaars wat optree, is te koop in die voorportaal van die Sun Arena.
  • Daar’s ook spesiale Afrikaans is Groot-geskenke en produkte soos pette en T-hemde te koop.
  • Jy sal ook vir die eerste keer die Afrikaans is Groot 2019-kalender kan aanskaf by die konsert.
  • Kredietkaart- en kontantbetalings word aanvaar.

Kaartjies en toegang

  • Kaartjiehouers moet ten alle tye identifiseerbaar wees.
  • Geen kaartjie, geen toegang. Maak seker jy bring die gedrukte kaartjie(s) saam. Om die proses te vergemaklik, sny asseblief jou kaartjie(s) uit en hou dit gereed vir kontrole by die ingang. Kaartjies moet vooraf gedruk word, daar is geen fasiliteite om kaartjies te kollekteer by die Sun Arena nie.
  • Een kaartjie, een keer toegang. Dit is jou verantwoordelikheid om die kaartjie(s) veilig te hou. Geen persoon sal meer as een keer toegang verkry met dieselfde kaartjie(s) nie.
  • Kaartjie-inligting: Om jou toegang so vlot en vinnig moontlik te maak, let op die nommer van die ingang wat op jou kaartjie verskyn. Dit sal aandui watter ingang om te gebruik om so gou as moontlik by jou sitplek uit te kom.

Belangrike kennisgewing: GEEN ooreenkoms van enige aard met operateurs en agente wat mag voorhou dat hul eksklusiewe AiG-pakkette verkoop nie.

Algemeen

  • Fasiliteite: Daar is badkamers op alle vlakke van die Sun Arena. Diegene buite die Sun Arena, kan die badkamers in die Time Square Casino gebruik.
  • GEEN kameras, videokameras of selfoonkameras word toegelaat nie.
  • Verseker asseblief dat jou selfoon afgeskakel is wanneer jy jou sitplek in die Sun Arena inneem.
  • Sun Arena: Slegs eet- en drinkgoed wat by die Sun Arena gekoop is, word in die arena toegelaat.
  • Deure: Die Sun Arena se deure maak 60 minute voor die konsert oop. Jy kan daarna jou sitplek inneem.
  • Persone in rolstoele of met krukke, asook senior burgers, kan na voor in die rye by ingange beweeg om eerste gehelp te word.

Kaartjieverkope

  • Geen kaartjies word by die arena verkoop nie.

Sitplekke

  • Sitplekke is vooraf toegeken soos op jou kaartjie aangedui. Dit is nie moontlik om vooraf of tydens die konsert veranderinge aan te bring nie.
  • Geen kinders ouer as twee jaar word toegelaat om op hulle moeders se skote te sit nie. Dit is weens veiligheidsredes en is streng verbode.
  • Kinders ouer as twee jaar moet hulle eie kaartjies hê.

Vloerplan

Gesels saam op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsteken #AiG2018Pta te gebruik.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!
Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!
Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!
Die GrootJol toer die land plat in 2023!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.