Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Die Kontrak»Die Kontrak: Ivan Roux vs. Demi Lee Moore
Die Kontrak

Die Kontrak: Ivan Roux vs. Demi Lee Moore

Redaksiespan14 November 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die naelbyt finaal van VIA (DStv-kanaal 147) en Coleske Artists se werklikheidsreeks, Die Kontrak, is byna hier. Dis uiteindelik die musikante Ivan Roux en Demi-Lee Moore wat dit sal uitveg vir ’n gesogte Coleske Artists platekontrak en ’n plek op die Afrikaans is Groot-verhoog.

Ontmoet dié twee hier:

Ivan Roux

Ouderdom: 28
Beroep: Musikant
Blyplek: Centurion, Pretoria
Mentor: Dewald Wasserfall

Wat het jou laat besluit om in te skryf vir Die Kontrak?
Ek het nou twee pragtige kinders. Ek wil vir hulle gee as ’n pappa wat ek nooit self gehad het nie. Ek het al vantevore aan ’n musiekkompetisie deelgeneem en wou nie weer aan een deelneem nie. Maar ek is nou geestelik ouer as die vorige keer wat ek aan só kompetisie deelgeneem het – en ek sien myself nêrens anders as onder die toptwee nie.

Wat is jou grootste hoop vir jou musiekloopbaan?
My grootste hoop vir my musiekloopbaan is om met mense te praat. Ek het ’n ruk terug vir die Here gesê, “Gebruik my.” My musiektalent is ’n godsgegewe gawe. Ek het in die verlede dit op die verkeerde maniere gebruik: Ek wou altyd net entertain, entertain. En toe een dag voel ek die Here lê dit op my hart dat hy my wil gebruik deur my musiek. En dit is hoekom ek dié gawe gekry het: Om ’n storie te vertel. As ek dít kan bereik, sal ek baie gelukkig wees.

En wat is jou grootste vrees?
Om te stagneer. Ek wil nie ’n kunstenaar wees wat een of twee liedjies uitreik nie. Ek is nie die soort kunstenaar wat gaan lê nie. Ek wil altyd beter wees.

Hoekom verdien jy om Die Kontrak te wen?
Ek gaan iets anders bring – nie in die soort musiek wat ek gaan maak nie, maar in die storie wat ek gaan vertel. Ek wil ’n verskil maak deur my musiek.

Indien jy Die Kontrak sou wen, wat sou die eerste doelwit wees wat jy sou wou bereik?
Om ’n fenominale album uit te reik. Ek wil hê mense moet weet wie Ivan Roux is en ek wil my storie oordra in daai eerste album sodat mense my hart kan sien en kan sien wat in my kop aangaan.

Watter kunstenaars is jou grootste musikale invloede?
Dewald Wasserfall en Jo Black vir die manier hoe hulle musiek skryf. En ek kyk nou ook baie op na Tarryn Lamb.

As jy nie ’n musiekkunstenaar was nie, watter ander beroep sou jy nastreef?
Ek het haarstilering geswot en het ook haaropleiding gegee. Ek het ook op ’n tyd ’n barbier-en-tatoeëerbesigheid gehad. Toe teken ek by ’n klein platemaatskappy en verkoop my aandele.

Demi Lee Moore

Ouderdom: 28
Beroep: Musikant
Blyplek: Durbanville, Kaapstad
Mentor: Monique Steyn

Wat het jou laat besluit om in te skryf vir Die Kontrak?
My sussie was dié jaar in ’n baie groot motorongeluk. Sy het by die dood omgedraai: Sy het haar skedel oopgekraak, haar hele gesig het gebreek. Ek het daarna net gevoel ek is ’n ander mens. Ek was elke aand op my knieë en vandat ek só begin bid het, het my lewe soveel beter geword. Toe ek van Die Kontrak gehoor het, was ek nie seker of ek my in ’n situasie wil plaas waar ek beoordeel word nie. Dit was vir my ’n moeilike besluit of ek moet inskryf of nie. Die eerste persoon wat ek gevra het was my suster. Ek wou haar reaksie sien. Toe ek Die Kontrak noem, sê sy vir my, “Doen dit!”

Wat is jou grootste hoop vir jou musiekloopbaan?
Dat ek dié kompetisie wen, want dit is nou of nooit. Ek sing voltyds al vir amper tien jaar. Ek was in die verlede by ’n ander platemaatskappy en ek was op ’n sangkompetisie – en elke keer het ek gevoel dit was net nie my tyd nie. En dié jaar voel ek dit is my jaar.

En wat is jou grootste vrees?
Dat ek nie aanvaar word vir wie ek is nie. Ek wil nie bekend wees nie. Ek wil net sing en musiek maak. Ek kan nie sê hoekom ek dit bo enige van die ander deelnemers verdien nie. Ek kan net sê wat ek doen.

Hoekom verdien jy om Die Kontrak te wen?
Ek is hardwerkend en ek weet wat ek wil hê. My hart is in ’n goeie plek en ek doen dié vir die regte redes.

Indien jy Die Kontrak sou wen, wat sou die eerste doelwit wees wat jy sou wou bereik?
Dat ek my eie album kan uitreik en my eie musiek kan sing, want gewoonlik sing ek drie ure van cover by hotelle. Dis wonderlike ondervinding, maar ek wil my musiek sing.

Watter kunstenaars is jou grootste musikale invloede?
Jessie J en Céline Dion En dan ook Steve Hofmeyer en Worsie Visser. Ons het altyd Worsie en Steve saam met my pa geluister: Dit is die musiek waarmee ek grootgeword het.

As jy nie ’n musiekkunstenaar was nie, watter ander beroep sou jy nastreef?
Ek was ’n lugwaardin vir ses maande, maar dit was glad nie vir my nie! Dit het nie gewerk nie. Ek dink egter ek sou ’n tandarts kon wees.

Die wenner van seisoen een van Die Kontrak ontvang ’n platekontrak by Coleske Artists en ’n bemarkingspakket by VIA (DStv-kanaal 147) van R1 miljoen, ’n wegbreek na Zanzibar vir twee met luukse akkommodasie en retoer-vlugte geborg deur Mango; die wenner ontvang ook ’n stileerde fotosessie deur Image by Suna en word een van Follicle Hair Atelier se geborgde ambassadeurs.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Die Kontrak 3: Hier is die top-24!
Die Kontrak 3: Inskrywings is nóú oop!
‘Die Kontrak’ se Deidré reik debuut-enkelsnit uit
Die Kontrak 2: Hier is die top-26!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.