Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Derde vrystelling van Ampie is ‘aards en melodies’

Redaksiespan3 Maart 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Ampie is besig om vinnig naam te maak as ’n briljante en gesogte liedjieskrywer en almal staan tou om van sy talent gebruik te maak.

Hy was immers verantwoordelik vir treffers soos, Plain Jane, S.O.S, Ons Was Jonk, Sugar Mammie en vele meer. Hy was ook die mede-skrywer van Saamstaan, ’n huldeblyk aan die ontslape Joost van der Westhuizen, wat dié sanger op sy gedenkdiens op Loftus gesing het. Ampie het ook gesorg vir die temalied vir die destydse kletsprogram, Glitterati.

Benewens vir al die treffers uit sy pen het Ampie ook ’n CD saam met die oud krieketkaptein, A.B. de Villiers uitgereik, en was die medestigter van die groep ’n Man soos Jan. Dié groep het vinnig sukses behaal tot die afsterwe van die ander lid. Sy heel eerste musiekgroep was egter, Definitely Maybe, in 1999 saam met sy skoolvriend, die nuwe sangsensasie Jo Black. Ampie was maar net 17 jaar oud in die groep.

’n Paar jaar gelede het Ampie sy solo-loopbaan afgeskop met die uitreiking van, Niks en Niemand, wat goue status behaal het. Die sukses van sy debuut solo-album is opgevolg met, Geheim, wat steeds goed verkoop ten spyte van ’n sukkelende ekonomie.

Die sanger se liefde vir country-pop het hom laat besluit om sy nuwe album, Bosveld Blues, aan te pak. “Ek het dadelik musiek begin skryf en ’n nuwe styl ontwikkel wat uniek is in die Afrikaanse musiekmark,” vertel Ampie.

Volgens Ampie is die nuwe album “aards en melodies”. Bekroonde liedjieskrywers soos Sean Else, Johan Vorster en Ray Dylan is van die mede-skrywers op dié album.

Ballades soos Val Sonder Jou en Jy Sal Dink Aan My wys sy besonderse ervaring en kennis van die musiek genre. Treffers soos Sit Die Radio Aan, Vlieg Oor Jou Berge en As Jy Moet Gaan kon net sowel uit die ateljees in Nashville gekom het.

Staan Vas, ’n duet met Sean Else, herinner mense aan liefde en hoop in ’n land waar ons gereeld getoets word.

Die enjins word verder oop gemaak met die klanke van kitare, banjo’s en dromme met partytjie liedjies soos Somtyds Moet Jy Net Dans, Vryheid Hou Net Aan en Melktert Liefde – net ’n paar om te noem.

Die vervaardigers en musikante op die album is ook van die grootste name in die bedryf en het gesorg om die klanke van die album so vars en uniek as moontlik te maak.

Bosveld Blues gaan beslis ’n nuwe vars stempel op die Afrikaans musiekbedryf sit.

Kyk die musiekvideo vir Ek Sal hier:

Die album is nou landwyd beskikbaar by alle goeie musiekwinkels asook op iTunes.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.