Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Die Kontrak»Tasha wil ‘haar boodskap’ oordra met musiek
Die Kontrak

Tasha wil ‘haar boodskap’ oordra met musiek

Redaksiespan24 Oktober 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die 19-jarige Tasha van Middelburg in Mpumalanga is die volgende deelnemer in VIA (DStv-kanaal 147) en Coleske Artists se werklikheidsreeks, Die Kontrak, om huis toe te gaan. Maar eers beantwoord sy so ’n paar vrae:

Wat het jou laat besluit om in te skryf vir Die Kontrak?
Dit was nie eintlik my besluit nie! Ek het al baie teleurstellings gehad in die musiekbedryf. Iemand in die kerk het na my toe gekom en vir my gesê, “Hoor hier, Natasha, ek het hierdie ding gesien: Die Kontrak. Miskien moet jy inskryf.” Ek het toe nie weer daaraan gedink nie – totdat my ma my begin aanspoor het om in te skryf. Kort voor die inskrywings gesluit het, het ek een van my fotograafvriende gevra om my te help om my oudisievideo te skiet. En die terugvoering op die oudisievideo was toe great! Ek het dit glad nie verwag nie.

Wat is jou grootste hoop vir jou musiekloopbaan?
My doel is net om myself daarbuite te kry. Ek wil net graag ’n boodskap oordra van wie ek is en wat ek doen. Die emosie wat ek voel en die passie wat ek het, wil ek baie graag vir mense wys – en ek wil hê hulle moet voel wat ek voel. Ek wil hê hulle moet die liefde vir die musiek ervaar soos ek dit ervaar.

En wat is jou grootste vrees?
My grootste vrees is dat ek dit nie gaan kan doen nie, want dit is my grootste droom vandat ek kan onthou. My grootste vrees is dat musiek nie my lewe kan wees nie.

Watter kunstenaars is jou grootste musikale invloede?
Cher het my baie geïnspireer. Ek hou ook baie van Ed Sheeran, The Lumineers en Mumford & Sons.

As jy nie ’n musiekkunstenaar was nie, watter ander beroep sou jy nastreef?
Ek sou graag ’n lewensafrigter wou wees. Ek was op laerskool baie geboelie so ek wil graag ’n sterk boodskap met die wêreld deel oor wat in ons samelewing aangaan. Ek sou graag mense wou help.

Nuwe episodes van Die Kontrak sal elke Woensdag om 20:00 uitgesaai word met heruitsendings op Sondae om 18:00. Die JOOX-app, die Suid-Afrikaanse stroomdiens met die meeste Afrikaanse inhoud, is die amptelike stroomvennoot van Die Kontrak.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Die Kontrak 3: Hier is die top-24!
Die Kontrak 3: Inskrywings is nóú oop!
‘Die Kontrak’ se Deidré reik debuut-enkelsnit uit
Die Kontrak 2: Hier is die top-26!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.