Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Die Kontrak

Tyral-Lee Miggels: Die onderwysstudent met ’n passie vir musiek

Redaksiespan3 Oktober 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

In die jongste aflewering van VIA (DStv-kanaal 147) en Coleske Artists se werklikheidsreeks, Die Kontrak, is die 20-jarige onderwysstudent van Uitenhage, Tyral-Lee Miggels se kontrak deur die grootbaas opgeskeur.

Sy het so ’n paar vrae beantwoord:

Wat het jou laat besluit om in te skryf vir Die Kontrak?
Vier dae voor die inskrywings gesluit het, het my suster vir my gesê, “Hoor hier: Daar’s ’n kompetisie. Skryf in!” Ek het my oudisievideo op die nippertjie op die NetNuus-app gelaai.

Wat is jou grootste hoop vir jou musiekloopbaan?
Ek wil graag meer blootstelling kry en mense wys wie ek is en wat ek kan doen. Ek wil mense hoop gee. Ek wil wys al dink mense jy is niks, kan jy ’n verskil maak – al is dit hoe klein.

En wat is jou grootste vrees?
Om in hoë hakke te loop!

Watter kunstenaars is jou grootste musikale invloede?
Beyoncé, Mariah Carey en Sam Smith. Corlea Botha is vir my soos die Beyoncé van Afrikaanse musiek. En natuurlik ook Tarryn Lamb, nie net omdat sy my mentor is nie, maar as gevolg van haar musiek en hoe sy skryf. Toe sy nog saam met Blackbyrd was, het ek baie hulle musiek geluister. Hulle liedjies was oor die bemagtiging van vroue. As kind was ek op skool geboelie oor my ouers se werk: My ouers het ’n stalletjie. Mense het my gespot en gesê hulle het nie ’n regte werk nie, dat ons arm is en dat ons niks het nie. Maar Blackbyrd se liedjie “Keep on” het my oë oopgemaak en ek het besef ek het ’n doel in die lewe en ek moet nie na negatiewe menings luister nie.

As jy nie ’n musiekkunstenaar was nie, watter ander beroep sou jy nastreef?
Definitief onderwys. Ek voel ek kan met kinders iets doen in die lyn van musiek. Ek sou graag ’n kooronderwyser wou word. Solank daar musiek betrokke is, is ek gelukkig.

Nuwe episodes van Die Kontrak sal elke Woensdag om 20:00 uitgesaai word met heruitsendings op Sondae om 18:00. Die JOOX-app, die Suid-Afrikaanse stroomdiens met die meeste Afrikaanse inhoud, is die amptelike stroomvennoot van Die Kontrak.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Die Kontrak 3: Hier is die top-24!
Die Kontrak 3: Inskrywings is nóú oop!
‘Die Kontrak’ se Deidré reik debuut-enkelsnit uit
Die Kontrak 2: Hier is die top-26!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.